Wednesday, 30 October 2024

Mossiestilte: Kol. 3:15

Laat die woord van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Laat die Woord van God vandag in jou  posvat en jou gedagtegang oorneem. Vertrou die Woord van God om jou wysheid te gee, en sing in jou hart met dankbaarheid tot eer van die eer Here. En wat jy ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. 
Onthou jy is nou deel van die liggaam van Christus waarvan Hy die hoof is.

Here, ek weet dat wanneer Christus, wat my lewe is, geopenbaar word, sal ek ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word (vers 4). Here, ek wil my met die nuwe mens beklee, wat vernuwe word, tot die kennis na die beeld van my Skepper. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]