Wednesday 16 October 2024

Mossiestilte: Job 52 : 4

Hoor tog, en ek sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

Nadat jy emosioneel uitgemergel is en jy voel jy kan fisies net nie meer nie, dan kom God en verduidelik aan jou dalk ook vanuit 'n storm soos vir Job, hoe Hy dinge doen en waarom en wanneer. As jy God se raadsbesluite verstaan en kennis het, sodat jy nie sal ondergaan nie, sal jy tot God roep. Dit is egter jou besluit; neem dit en vra God om jou te onderrig. Verheug jou in God se krag, kennis en wysheid, Hy sal jou leer. God kan alles doen en geen plan is vir Hom onuitvoerbaar nie. (vers 2)

O Here, ons God en Vader, ek roep U aan in u hoogheid en heerlikheid. U is hoog en verhewe. Ek het berou in my nederige situasie. Ek het U nie geag in U barmhartigheid en goedheid nie. U sal my leer en ek sal kennis by U kry. My wysheid beskaam my en ek leun vandag op U, om my wysheid te gee. U kyk alles aan wat hoog is; U is koning oor alles. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]