Saturday 12 October 2024

Kerkgenotjies: Die gehoorapparaatjie

Van Tonder kom agter dat hy bietjie doof word en besluit om ‘n gehoorapparaat te koop. Hy’s net bietjie doof, en verdomp suining, so hy wil nie baie geld uitgee nie.

“Hoeveel kos die goed?” vra hy vir die klerk.

“Dit hang af, Meneer, ons het modelle van R20 tot R20 000.”

“Nou man, waarvoor wag jy, wys my die R20-model.”

Die klerkie vroetel in ‘n laai, haal ‘n apparaat uit en hang dit om Van Tonder se nek. “Meneer, jy druk nou net die knoppie in jou oor en laat hang die toutjie tot in jou hemp se sak.”

“Ja ja, maar hoe werk die ding?”

“Meneer, vir R20 werk hy nie eintlik nie, maar as die mense sien jy het dit aan, praat hulle sommer vanself harder! Die gehoorprobleem opgelos.”