Wednesday 9 October 2024

Mossiestilte: Jes. 41:9

Jy wat Ek uitverkies het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.

Die Here jou God, gryp jou regterhand aan en Hy sê: Wees nie bevrees nie. Hy help jou. Jy sal juig in die Here, jou beroem op die Heilige van Israel. Die Here kom haal jou aan die uiteindes van die aarde om jou te red. Almal sal sien hoe goed en hoe groot die Here is en hom al die eer gee.

Dankie Here, dat U my nooit verlaat het nie. Ek het soms gedink dit is klaar met my, maar U het my voete weer op die pad gesit; U het my verkeerde weë waargeneem en my op die regte pad laat loop in oorwinning. U Naam is groot en gedug. Wie sal U leer of sê wat om te doen? U leer my; U Gees herinner my aan u beloftes en u heil. Ek loof en prys U grote Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]