Thursday, 31 October 2024

Dink hieroor: As jy vandag kla ...


As jy vandag kla oor jou bord kos is min -
Gaan kyk hoe krap mense in vullisblikke vir iets om te eet.

As jy vandag kla jou bed is te klein of ongemaklik om op te slaap -
Gaan kyk hoe mense op koerantpapier slaap.

As jy vandag kla oor hoofpyn -
Gaan kyk in hospitale se ICU hoe mense veg vir hulle lewens.
 
As jy vandag kla oor jou ouers se foute en se tekortkominge -
Gaan weeshuise toe en kyk hoeveel kinders is sonder ouers.

As jy vandag kla oor jou tweevertrekhuis -
gaan kyk hoe mense in hokkies bly ...

As jy vandag kla oor die lewe en oor jou lewe -
gaan kyk in enige begrafplaas.

Daar is so baie wat net smag om te hê wat jy het ...
'n kans om alles reg te maak en te waardeer wat jy vandag nie wil waardeer nie ...

Alles wat ons is en het vandag is genade en 'n voorreg ...
So gryp elke oomblik aan en dank GOD daarvoor.
 
[Boodskap geleen.]