Friday 18 October 2024

Matrieks, die laaste hekkie van julle skoolloopbaan

Liewe Matriek

Mag die genade en die liefde van die Here soos dou op jou en jou geliefdes kom lê.

Mag daar 'n mantel op jou skouers val wat 'n teken sal wees van God se ingrype, seën en voorsiening.

Ek seën jou met 'n seën wat sal vul waar dit leeg is, wat sal herstel waar gebrokenheid is, wat sal heel wat stukkend is, wat sal oorvloei waar daar tekort is.

Mag die Here vir jou gee die begeertes van jou hart.

Die Here seën jou!
Ja, die Here seën jou.

Sterkte met die matriekeksamen. 

Ons allerbeste wense vergesel julle op hierdie laaste skof van julle skoolloopbaan. Leer hard, slaap genoeg, vertrou en kyk voortdurend op na waar jou kalmte en hulp vandaan kom. 

Mag al julle drome waar word en mag julle toekomspaaie vol vreugde en vol van Jesus se genade wees.

Klik op die boekmerk vir 'n duideliker beeld.  

[Bron van verskeie boekmerke HIER. Besoek gerus die kreatiewe webwerf.]