Wednesday 2 October 2024

Mossiestilte: Mark. 10:49

Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.

Staan op, Jesus roep jou!

Is daar dalk 'n "blinde kol" in jou lewe? Is daar 'n probleem wat jou wil onderkry? Miskien wil jy net opgee op hierdie stadium. Hou goeie moed, staan op, want Jesus roep jou. Jesus sal jou blindheid herstel, sodat jy met wysheid die probleme in jou lewe kan oorkom. 

My Almagtige Vader, ek kom en heilig u Naam. Laat u wil in my lewe en omgewing geskied. net soos wat dit in die hemel geskied. Herstel my blindheid, Here, en laat my die vyand ontbloot en uitken in my lewe. Somtyds kan ek nie die rigting sien wat ek moet inslaan nie. Ek sukkel soms om reg en verkeerd te kan onderskei. Here, Seun van die Allerheiligste God, help my! Ek het U wysheid en sig nodig om verder die lewe in te gaan. Laat u koninkryk ook in my lewe kom. In Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]