Showing posts with label Gelukkig. Show all posts
Showing posts with label Gelukkig. Show all posts

Friday, 24 July 2026

Is dit nie wonderlik nie?

 Hoe sien ander ons gelowiges versus ongelowiges.

Lank gelede was daar ’n man wat graag die verskil wou weet tussen die gelowiges en die ongelowiges want dit wat hy in die alledaagse lewe kon sien het vir hom geen aanduiding gee van die verskil nie.

Albei groepe het baie seëninge ontvang soos gereelde reëns, suksesvolle oeste, geen groot teëspoed nie.
Hy het ernstig gebid dat hy die verskil tussen die twee groepe kon verstaan.

Eendag terwyl hy in die veld wandel kom daar ’n engel na hom en deel hom mee dat hy gestuur is om aan hom te toon die verskil tussen die gelowiges en die ongelowiges. Die engel het hom weggevoer en aan hom gesê dat hy hom eers gaan wys hoe is dit gesteld met die ongelowiges.

Hulle het in ’n groot vertrek gekom waar daar baie mense rondom ’n groot pot met bredie gesit het. Elkeen was uitgehonger en desperaat om van die bredie te eet.

Elkeen het ’n lepel gehad wat tot in die pot kon bykom maar die lepel se steel was langer as hul eie arm gewees en hulle kon die kos skep maar hulle kon nie die kos in hul mond kry nie ...

Die leiding was verskriklik gewees.

Die engel neem die man en sê, “Kom, nou sal ek jou die gelowiges gaan wys.”

Hulle het ’n ander vertrek binnegegaan, soortgelyk aan die eerste vertrek, die mense om die pot bredie, die lang steel lepels. Maar almal was gelukkig en goed gevoed.

“Ek verstaan dit nie” sê die man. “Hoekom is die klomp hier so gelukkig en opgeruimd terwyl die ander in die eerste vertrek verhongerd en misrabel is terwyl alles dieselfde is?”

Die engel glimlag. “Ah, dis baie maklik,” sê hy. “Hier het hulle geleer om mekaar te voed met die lang steel lepels.”

GOD het ons hierdie wonderlike aarde gegee ... om daar te wees vir mekaar ... mekaar te help ten alle tye!

Tuesday, 17 February 2026

Mandjie Hoop: Om God te kies, is om:

• Ewige lewe te kies
• Volkome liefde te beleef
• Genade te ontvang
• In Sy voorsiening te leef
Dis nie altyd maklik nie, maar dit’s altyd die moeite werd.
* KIES WYSLIK. 
* KIES VIR GOD.
Wat jy vandag saai in geloof, 
sal jy môre in seën oes!

Tuesday, 10 February 2026

Mandjie Hoop: Konstante krag ...

Jou geloof is nie 'n eindpunt wat jy moet bereik nie;
dis 'n reis van genade wat elke oggend nuut begin.
Laat ons vashou aan hierdie wete:
ons is nooit alleen op hierdie pad nie,
en Sy liefde is die konstante krag wat ons vorentoe dra.

Thursday, 18 December 2025

Dink hieroor: 'n Teenvoeter vir ongelukkigheid

Het jy geweet? 
Om elke dag vir God dankie te sê vir alles wat ons het, 
maak ons harte vol en gelukkig. 
Volgende keer as jy ongelukkig voel, 
dink aan alles waarmee God jou seën, 
en sê dan dankie daarvoor.

Thursday, 13 November 2025

Dink hieroor: Hou op wag - handel nou!

Hou op om te wag vir Vrydag,
vir eendag, 
vir die somer,
vir volgende jaar,
vir iemand om
op jou verlief te raak,
sodat jy gelukkig kan wees.
Gelukkig wees, 
gebeur wanneer jy ophou wag.
Tree op! Leef!
Ontdek die ware jy en 
gebruik jou unieke talente!
Maak die meeste van hierdie oomblik
waarin jy jou nou bevind.

Tuesday, 28 October 2025

Mandjie Hoop: Mag jy altyd ...

genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak
genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak
genoeg VREUGDE hê om die sonskyn met ander te deel
genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak
genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te hou
genoeg VRIENDE hê om jou te troos
genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe
genoeg DANKBAARHEID hê om jou seëninge te deel
genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van môre te laat uitsien
genoeg GELOOF hê om jou staande te hou in vandag se lewe vol uitdagings
genoeg WILSKRAG hê om elke dag 'n beter dag as gister te maak!

[Dankie, Rosetta]

Tuesday, 30 September 2025

Mandjie Hoop: God is altyd by ons ...

Ons het vanoggend opgestaan met ...
* GOD se krag wat ons dra.
* GOD se mag wat ons vashou.
* GOD se hand wat ons bewaar.
* GOD se liefde wat ons omvou.
* GOD se wysheid wat ons rig.
* GOD se vrede wat ons omring.
* GOD se genade wat elke môre nuut en vars is.

Tuesday, 23 September 2025

Mandjie Hoop: Ek weet aan Wie ek my toevertrou het

“Aan U o God my dankgesange
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange
U lig, my Lig, sal hoër rys!
 
U het my met U guns versadig
en as n Vader my beskerm;
met seëninge so mildadig
U dag en nag oor my ontferm.

Ek weet aan Wie ek my toevertrou het
al wissel dan ook dag en nag.
Ek ken die Rots op wie ek gebou het
Van wie ek al my heil verwag.

Eens aan die avond van my lewe
sal ek van sorge en moeite vry
vir elke dag my hier gegewe
U hoër, reiner loflied wy!”

Tuesday, 16 September 2025

Mandjie Hoop: Exodus 3:14a (AFR53) En God sê vir Moses: Ek is wat Ek Is

EK Is hier vir jou.
EK Is die antwoord op jou gebede.
EK Is die uitkoms
EK Is die Uitweg.
EK Is jou Heenkome.
EK Is jou Steunpilaar.
EK Is jou Verlosser.
EK Is jou Redder.
EK Is jou Vader en jy is Myne.

Tuesday, 2 September 2025

Mandjie Hoop: Staan op en oorwin

Maak nie saak wie JY is nie ...
Maak nie saak wat jou omstandighede mag wees nie ...
Wat jou situasie is nie ...
* JY is waardig.
* JY is belangrik.
* JY is 'n oorwinnaar.
* JY is regverdig in God se oë.
* JY is Sy ambassadeur.
* JY is Sy kind.
Staan op en oorwin ...
in die Naam van die Here.

Tuesday, 26 August 2025

Mandjie Hoop: Hoe meer ...

Hoe meer jy gee
hoe meer kry jy.
Hoe meer jy lag,
hoe minder huil jy.
Hoe meer jy deel,
hoe meer bly oor.
Hoe meer jy liefhet,
hoe meer sal jy ervaar.
Want net wat ons weggee,
verryk ons, oud en jonk.
Medelydende Vader,
help my om selfsug opsy te skuif 
en meer soos U te word.
Heer, ek het U elke dag nodig!

Friday, 22 August 2025

Kontraste

Winter en lente (soos somer en herfs) is albei deel van een proses. Nes 'n mens gee en ontvang nie van mekaar kan skei nie, kan 'n mens ook nie een seisoen sonder die ander ervaar nie. As mense kan ons baie uit die tydlose wysheid van die natuur leer en in ons eie lewens toepas.

Die koue van die winter maak dat alles stadiger word en selfs in 'n winterslaap insluimer. En soms sterf goed ook af. Ek sien hierdie as 'n tyd om te rus en om na te dink oor waar jy jou in jou lewe bevind. Dit skep vir jou 'n geleentheid om te besluit wat vir jou in jou lewe belangrik is, en wat nie. En om dan stappe te neem om ontslae te raak van alles wat nie meer 'n positiewe rol in jou lewe speel nie. Kyk mooi na elke area van jou lewe: jou huis en besittings, jou werk, vriende, familie en ander verhoudings, kyk ook na jou emosies. En besluit dan wat jy wil hou, wat jy wil verander en wat jy van ontslae wil raak.

So sal jy jouself voorberei vir die nuwe lewe wat lente bring. Jyself gaan verjong en heel voel, reg om 'n nuwe seisoen in jou lewe te skep. Jy kan dit inkleur met al jou hartsbegeertes, soos 'n tuin in volle bloei.

Nes in die natuur, groei ons as mense in sarsies. Daar is tye van groei, tye om te voed, tye van bloei en tye van rus in elke lewe, joune ook.

Die kontraste tussen winter en lente herinner ons dat hierdie ook sal verbygaan. Ons word bewus van en dankbaar vir alles wat ons het. Dit gee ons ook die geleentheid om die mooi in die lewe weer raak te sien, al is dit soms vaal en grys.

In die lewe is daar seisoene. Soos die son soggens opkom en die sterre saans skyn, kan jy verskillende seisoene in jou lewe verwag. Jy kan óf daarteen baklei óf dit aanvaar en die beste maak van die omstandighede wat oor jou pad kom. Die keuse is joune!

Kies DIT wat jou gelukkig maak, DIT wat niemand skade aandoen nie, JY inkluis. En wanneer jy twyfel, kyk na die tydlose wysheid van die natuur vir antwoorde.

[Prince Albert Vriend, Oktober 2017, bl.9: Maruschka Erasmus - 'n NLP-lewensafrigter, EFT-praktisyn en 'n geregistreerde berader.]  

Thursday, 21 August 2025

Dink hieroor: Jou denke beïnvloed jou geluk

Wat jy het,
wie jy is,
wat jy doen,
maak jou nie gelukkig 
of ongelukkig nie.
Wat saak maak,
is dit waaroor jy dink.

[Dale Carnegie]  

Thursday, 7 August 2025

Dink hieroor: Ses eenvoudige maniere om gelukkiger te leef

Vul jou hart met vergifnis.
Moenie tob oor die verlede nie.
Vee bekommernis uit jou gedagtes.
Leef eenvoudig.
Gee meer.
Verwag minder. 

Tuesday, 24 June 2025

Mandjie Hoop: God vergewe


* Niks wat ons doen of in die verlede gedoen het, kan verhoed dat Hy ons vergewe en aanvaar wanneer ons in volkome berou na Hom toe gaan nie.

* Ons lees in Numeri 14:18: “Ek, die Here, is geduldig en vol liefde, Ek vergewe mense wanneer hulle sonde doen en opstandig is ...” (Die Bybel vir Almal)

* God begeer ’n verhouding met elkeen van ons. Indien jy twyfel oor hierdie stelling, dink net daaraan dat  Hy sy enigste Seun daarvoor opgeoffer het om vir ons sondes te betaal. (Romeine 5:8)

* Aanvaar sy onvoorwaardelike liefde, en leef dit op 'n daaglikse basis uit - moeilike kollegas, uitdagende skoonouers, ongehoorsame kinders, rebelse tieners, swak padverbruikers is maar enkeles wat ons naasteliefde vandag gaan beproef.

Tuesday, 17 June 2025

Mandjie Hoop: Geluk ...

As jy vir 'n uur gelukkig wil wees,
knip 'n uiltjie.
As jy vir 'n dag gelukkig wil wees,
gaan vang vis.
As jy vir altyd gelukkig wil wees,
help iemand anders. 

Plant glimlagte.
Kweek vreugde.
Oes liefde.

Ps. 89:2
Ek wil altyd sing van die goedheid van die Here.