Tuesday, 28 October 2025

Mandjie Hoop: Mag jy altyd ...

genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak
genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak
genoeg VREUGDE hê om die sonskyn met ander te deel
genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak
genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te hou
genoeg VRIENDE hê om jou te troos
genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe
genoeg DANKBAARHEID hê om jou seëninge te deel
genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van môre te laat uitsien
genoeg GELOOF hê om jou staande te hou in vandag se lewe vol uitdagings
genoeg WILSKRAG hê om elke dag 'n beter dag as gister te maak!

[Dankie, Rosetta]