Friday, 17 October 2025

Matrieks: Baie sterkte, kalmte en genade ...


Sukses is iets wat jy self bepaal. 
Dis om te werk as ander rus; 
aan te hou te midde van teenstand; 
altyd te beur na ’n ver wenpaal. 
Sukses is ’n droom, ’n ideaal.
Dis om in die sleurwerk van elke dag 
iets anders en beters te sien wag, 
en deur aanhou en uithou 
uiteindelik daardie droom te verwesenlik.