(Lees gerus HIER om meer uit te vind oor die droom.)
Joe moet ongelukkig weens gesondheidsredes vroeër aftree. Ons wil eerstens vir hom 'n spoedige herstel toebid. Mag hy elke dag bewus wees van die groot Geneesheer se teenwoordigheid in sy lewe.
Dankie vir 32 jaar se getroue werk, wat jy altyd met 'n glimlag aangepak het. Dankie dat ons altyd op jou nommer kon druk om hand by te sit waar dit nodig was. Jou toewyding en getrouheid was en is 'n voorbeeld vir ons.Gebruik jou tyd om te rus en te herstel.
Joe, mag die Here jou seën in die nuwe fase van jou lewe.
Semisonies het gesê: "Elke nuwe begin kom van 'n ander begin se einde."
Ons groet vir Joe, maar ons sê in dieselfde asem vir Maans welkom. Maans is 'n ou bekende in die gemeente. Maartmaand het ons 'n paar vrae aan Maans gestel om die man wat Sondae die karre oppas van nader te leer ken. (Klik HIER om die onderhoud te lees.)
Baie welkom in hierdie nuwe pos, Maans. Jou handvaardigheid en bereidwilligheid om die ekstra myl te loop, gaan van onskatbare waarde wees. Mag jy geseën word met goeie gesondheid, energie en baie genade.
