Thursday, 30 October 2025

Dink hieroor: Matteus 5:9

“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”

Die Boodskap: “Gelukkig is almal wat vrede maak tussen mense wat in vyandskap met mekaar lewe. God sal op die laaste dag voor almal sê dat hulle sy kinders is.”

Is jy ‘n vredemaker? 'n Aktiewe vredemaker? Dit is nie genoeg om net oor vrede te praat nie. Jy moet daarin glo en dit daagliks op alle terreine van die lewe uitleef. 

Moeder Teresa: “As ons geen vrede het nie, is dit omdat ons vergeet het ons behoort aan mekaar. Vrede en oorlog begin in die huis. As ons waarlik vrede wil hê, laat ons begin deur mekaar in ons eie families (en gemeente) lief te hê.”