Mag elke onderwyser vandag besef watter belangrike rol hulle in 'n kind se lewe speel. Spreek woorde van positiwiteit en sien hoe elke kind begin blom waar hy geplant is.
Dankie vir elkeen van julle se harde werk, liefde en bystand vir elke leerder in julle klas. Dankie vir al die ure en ure se werk wat jul insit om die beste vir elke leerder te gee. Die ekstra myle wat julle loop, gaan nie ongesiens verby nie. Dankie dat elkeen vir julle belangrik is, ongeag! Julle bewys dat onderwys nie net 'n roeping is nie, maar 'n passie!
