Vers 2 en 3: Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt: “Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.”
Petrus se medegelowiges in Judea het verneem dat die heidene in Cesaréa ook vir Jesus as Saligmaker aangeneem het. In plaas van daaroor bly te wees, verwyt hulle Petrus omdat hy sekere Joodse wette oortree het deur in hierdie onbesnedenes (nie-Jode) se huise in te gaan en saam met hulle te eet. Petrus verduidelik aan hulle hoe die Here deur 'n visioen aan hom verduidelik het dat hy niemand onrein mag ag vir wie God as kind aangeneem het nie. Dit is belangrik om mense nooit net op grond van hulle uiterlike dinge te beoordeel nie.
Kan jy eerlik aan jouself rekenskap gee op grond van watter dinge jy mense of hulle doen en late beoordeel of dalk soms veroordeel?
Gebed: My Here, help my om nie mense te veroordeel nie.
[Uit: Dorstfontein NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Oktober 1986]