Showing posts with label Probleme. Show all posts
Showing posts with label Probleme. Show all posts

Sunday, 31 May 2026

Mossieboodskap: Hoe om positief te bly wanneer die lewe jou druk

Ongeveer 'n jaar terug het 'n lewensafrigter van Oudtshoorn die volgende met sy lesers gedeel. 

Klik HIER om sy raad en lewenslesse deel van jou lewe te maak.

Danie sê: Daar is tye in die lewe wanneer dit voel asof alles teen jou draai. Dinge werk nie uit soos jy beplan het nie, mense stel jou  teleur, finansies druk jou vas, en jy voel emosioneel leeg. Jy staan voor die spieël en wonder: "Hoe hou ek aan? Hoe sê ek met eerlikheid: "Ek is okay?'”

As Life Coach het ek al saam met mense deur baie stormseisoene gewandel. En wat ek oor en oor sien, is dat dit nie die afwesigheid van probleme is wat mense sterk maak nie – dit is hul vermoë om positief te bly ten spyte van die probleme.

* Hier is hoe jy dit ook kan regkry:
1. Erken jou emosies, maar laat dit nie jou identiteit word nie
2. Lig jou kop – selfs al is dit swaar
3. Verander wat jy sê, verander wat jy glo
4. Omring jouself met hoop
5. Herinner jouself: Alles gaan verby
6. Kies elke dag om te sê: ‘Ek is okay’

Die lewe is nie altyd regverdig nie. Maar jy het steeds ‘n keuse: Jy kan opstaan, jou kop lig, en besluit om ‘n ligdraer te wees in jou eie storie.

Ek, weet hoe dit voel om onder te wees. Maar ek weet ook hoe dit voel om op te staan. En as ek dit kan doen, dan kan jy ook. Jy is nie alleen nie – en jy is sterker as wat jy dink. Groete Danie

* Hierdie is net die hoofopskrifte. Die HOE om op te staan sal jy HIER kry.

[Dankie, Anoniem, vir die aanstuur hiervan.]

Tuesday, 7 April 2026

Mandjie Hoop: God se manier om jou dié beste jy te maak

Olywe word GEPARS vir dié beste olyfolie ...
Druiwe word flenters GETRAP vir dié beste wyn ...
Blomme word GEPERS vir dié beste parfuum ...

Wanneer dié Lewe jou pars, flenters trap en aanhou druk, onthou dit is God se manier om dié beste in jou uit te bring!
 
NEEM KENNIS: "Jy is uitsoekgehalte, en wees verseker GOD is met jou!"

Ek kan vir jou bid, maar God verwag dat jy moet vergewe en vergeet, om sodoende Hom te volg!

Psalm 117
"Prys dié Here, alle nasies, loof Hom alle volke, want Sy Liefde vir ons is sterk! Aan die trou van dié Here is daar geen einde nie! Prys dié Here!"

Saturday, 7 February 2026

Kerkgenotjies: Probleemoplossings

In Kimberley is daar nie baie werk nie en mense hou maar voortdurend die media dop vir werk of vir 'n beter werk. 'n Man wat suksesvol om 'n senior pos by 'n klein onderneming aansoek gedoen het, hoor van sy nuwe baas dat sy salaris 'n miljoen rand per jaar sal wees.
"Hoe kan so 'n klein onderneming bekostig om my soveel te betaal?" wil hy weet.
"Dit is jou eerste probleem," antwoord die werkgewer.

oooOOooo

'n Skoolinspekteur het besoek aan 'n skool se godsdiensklas gebring. Hy vra toe vir Jannie wie vir al die skade aan Jerigo se mure verantwoordelik was. Jannie sê hy weet nie. En nie een kind in die klas kon die vraag beantwoord nie. Ook nie die onderwyser nie.
Toe die inspekteur by die skoolhoof kom, vertel hy hom dat niemand weet wie vir die skade verantwoordelik was nie en dat dit sekerlik nie 'n aanvaarbare toestand is nie. Hy is nie tevrede met die gehalte werk nie.
Waarop die hoof antwoord: "Moenie so bekommerd wees nie. Kry net vir my drie kwotasies en ek sal sorg dat die mure herstel word."  

Friday, 9 January 2026

Gedagte uit 'n koevert: Probleme

Diegene wat geduldig op God vertrou 
wanneer hulle deur moeilike tye gaan, kan seker wees dat Hy op die regte tyd ’n einde sal maak aan al hulle probleme. 

Monday, 18 August 2025

Gebed: Aan die begin van 'n nuwe dag.

Here, vanoggend is ons dankbaar dat U 'n nuwe dag aan ons lewens toegevoeg het. Dankie dat ons weet dat U reeds voor ons uit loop. Dankie dat U ons Saligmaker en Verlosser is. Ons kom vanoggend opnuut en gee weer ons hele lewe, al ons kommer, probleme, hartseer, ongelukkigheid in U hande oor! Here, ons sal op U vertrou vir ons rus en vrede. In Jesus se wonderlike Naam alleen. Amen

Thursday, 31 July 2025

Dink hieroor: As dinge skeefloop ...

Op die lewensreis saam met die Here moet daar ook nie vir jou so iets soos probleme wees wat jou terneergedruk eenkant laat sit nie. Nee, daar moet net oplossings en nuwe geleenthede wees. Wat soos probleme lyk moet net vir jou die stilhouplek langs die pad wees wat jou kans gee om nuut te beplan en nuwe oplossings te soek. As die “afs” in die lewe jou tref, moet jy soos ʼn fietsryer teen ʼn afdraande wees. Jy moet dan juis spoed opmaak. As dinge skeefloop moet jy herbeplan, kyk wat verkeerd geloop het en dit regmaak, weer probeer, of anders probeer.

Die “ops” in ons lewe is juis daar omdat ons nie by die “afs” bly lê het nie.


[Uittreksel: Jan van der Watt]

Thursday, 3 July 2025

Dink hieroor: Gebed is 'n ruiltransaksie.

Jy ruil jou TWYFEL vir
SEKERHEID.
Jy ruil jou VRAE vir
ANTWOORDE. 
Jy ruil jou PROBLEME vir
OPLOSSINGS.
Jy ruil jou LASTE vir
VRYHEID.
Jy ruil die ONMOONTLIKE vir
MOONTLIKE.
Daar is KRAG in
GEBED.

Tuesday, 29 October 2024

Mandjie hoop: Sy liefde vir jou sal nimmer vergaan

In die waai van die wind, sê die Hèèr,
jy's sy kosbare kind.
In die rol van die branders,
jy's uniek soos jy is
en daar is niemand anders.
In die son se strale, sê Hy,
jy's kosbaarder as korale.
In die nagstilte van die maan, sê Hy,
Sy liefde vir jou sal nimmer vergaan.
In die trane van jou hart, sê Hy,
druk hy jou teen Sy boesem vas en dra saam jou smart.

Monday, 28 October 2024

Rots in ons pad

'n Seuntjie het buite gespeel en hy was besig om vir hom huisies te bou en paaie te maak, sodat hy met sy karretjies daarop kon ry. 

In die bouproses was daar 'n baie groot rots wat in sy pad was, en hy het alles probeer om die rots geskuif te kry. Hy het dit getrek, hy het dit gestoot, hy het naderhand sy fietsie gaan haal en 'n tou daarom vasgemaak en dit so probeer wegtrek, maar alles tevergeefs. Die sweet het hom afgetap, en hy het moedeloos langs sy pa gaan sit wat onder 'n boom op 'n bank gesit het, en hierdie hele petalje aanskou het. Sy pa het hom vol liefde aangekyk en vir hom gevra: "Boetman, het jy nou alles probeer?" 

Baie verontwaardig sê hy vir sy pa: "Pappa het gesien hoe hard ek gesukkel het, ek is nou so moeg en die rots beweeg nie."

Sy pa het saggies oor sy koppie gestreel, en vir hom gesê: "Maar jy het nog nie alles probeer nie."

Die seuntjie het opgespring en oortuig van sy saak gesê: "Maar Pappa het self gesien hoe sukkel ek."

En toe antwoord sy pa in 'n sagte stem, "Nee, my Seun, jy het nog nie alles probeer nie, want jy het my nog nie gevra nie."

Here, hoe dikwels het ons hierdie vreeslike rots in ons pad, en niks wat ons doen of sê beweeg dit nie, en as ons dan op 'n hopie neersak en ons wil huil van moedeloosheid, dan vra U so saggies: "
My kind, het jy my al gevra?" Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as niks wil werk nie, dan gaan ons na U toe as 'n laaste poging. Here, van hierdie dag af, onderneem ek om eerste by u voete te gaan sit, dan het ek nie nodig om my eie kragte so uit te put nie.
Amen

Tuesday, 15 October 2024

Mandjie hoop: Die geskenk van geloof

Geloof los nie ons probleme op nie, maar ons geloof in God se trou help ons om ons probleme met meer kalmte te hanteer sodat ons daardeur kan groei. Hierdie kalmte kom uit die wete dat God in beheer is en dat Hy ons nooit sal verlaat nie, ongeag die omstandighede.

Geloof gee ons ‘n innerlike vrede en die vertroue om te weet dat ons nie alleen is nie, en dat elke uitdaging en oorwinning deel is van God se groter plan vir ons lewens. Dit is hierdie geskenk van geloof wat ons versterk en ons die moed gee om met hoop en volharding deur die lewe te gaan.

Tuesday, 1 October 2024

Mandjie hoop: Hy vou jou toe in liefde en genade

Soms skuif die Here die berg uit jou pad,
omdat JY glo HY kan,
en soms laat Hy jou oor die berg klim,
omdat HY glo JY kan.
Maar TOG trek Hy vir jou skoene van geloof aan en vat Hy jou hand as jy voel jy gaan val!
Mag Sy liefde en genade jou toevou en mag jy in die holte van ons Hemelse Vader se hand rus.
Seënwense!

Tuesday, 24 September 2024

Mandjie hoop: Genade op jou lewenspad

Soms wanneer
'n mens hoop verloor,
dink jy dit is die
einde.

GOD glimlag
dan in SY Genade
en sê: Kalmeer my geliefde,
dis slegs 'n draai
in die pad en nie
die einde van die pad nie.

Die 10 gebooie van die lewe

Die 10 gebooie wat ‘n mens in jou lewe behoort te volg:

1) ‘n Gebed is nie soos ‘n “spaarwiel” wat ‘n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou “stuurwiel” wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.

2) Het jy al gedink hoekom het ‘n voertuig so groot WINDSKERM en slegs ‘n klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos ‘n BOEK. Dit neem ‘n paar sekondes om ‘n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy ‘n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om te set.

6) Soms wanneer ‘n mens hoop verloor, dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan daar Bo en sê, “Kalmeer, my geliefde, dis slegs ‘n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!”

7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.

8) ‘n Blinde vra op ‘n dag vir Paulus “Is daar iets erger as om jou sig te verloor?” Paulus antwoord: “Ja, om jou visie in die lewe te verloor.”

9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

[Skrywer onbekend - teks op wêreldwye web - W3]

Friday, 6 September 2024

Dink hieroor: Jou lewensreis ...

Hoop ... maak die lewensreis moontlik.
Geloof ... maak dit maklik.
En liefde ... maak dit onvergeetlik.

[Dankie, Rosetta Venter]

Thursday, 5 September 2024

Jou oorwinning is reg om die draai - moet nooit opgee nie.

Karin se pa het saam met haar gery. 

'n Hewige reënstorm het voor hulle gewoed en Karin het vir haar pa gevra: "Wat moet ek doen?"
Hy antwoord haar: "Hou aan ry."

Motoriste het afgetrek, terwyl die storm al erger geword het. 

"Wat moet ek doen," het Karin gevra.
"Hou aan ry," het haar pa geantwoord. 

Die storm is verskriklik, en almal trek af!” 
Haar pa het vir haar gesê: “Moenie moed opgee nie, hou net aan ry!”

Nou was die storm verskriklik, maar sy het nooit ophou ry nie, en gou kon sy 'n bietjie duideliker sien. Na 'n paar kilometer was sy weer op droë grond, en die son het uitgekom. 

Haar pa het gesê: "Nou kan jy aftrek en uitklim."
Sy het gesê: "Maar hoekom nou?"
Hy het gesê: "Wanneer jy nou uitklim, kyk terug na al die mense wat opgegee het en steeds in die storm is, maar jy het nooit moed opgegee nie - jou storm is nou verby." 

Dit is 'n getuienis vir enigiemand wat deur "moeilike tye" gaan. Net omdat al die ander, selfs die sterkstes, opgee, beteken dit nie dat jy hoef op te gee nie ... as jy aanhou, is jou storm binnekort verby en die son sal weer vir jou skyn.

Wednesday, 21 August 2024

Dink hieroor: Die 10 gebooie wat 'n mens in jou lewe behoort te volg

1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.
 
2) Het jy al gedink hoekom 'n voertuig so 'n groot WINDSKERM het en slegs 'n klein truspieëltjie? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik soos jou TOEKOMS is nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.
 
3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.
 
4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.
 
5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante word in goud geset.
 
6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dat dit die einde is, GOD glimlag dan daar Bo en sê: "Kalmeer, my geliefde kind, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"
 
7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.
 
8) 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus: "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Paulus antwoord: "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."
 
9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.
 
10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie gedagtes.]

Friday, 16 August 2024

MAAR, dan is daar altyd daardie IEMAND ...

Party dae kom mens by die werk aan en jy voel mismoedig, geïrriteerd met die medekollegas en sommer vies vir beurtkrag, beurtwater en die verkeer op pad werk toe. Of jy kom werk toe met hartseer en pyn, met geen lus vir die dag nie! Dit het al met ons almal gebeur.

MAAR, dan is daar altyd daardie IEMAND ...

IEMAND wat 'n simpel grappie vertel,
IEMAND wat 'n mooi boodskap in die oggende in jou gedagtes los,
IEMAND wat jou oorval met positiwiteit,
IEMAND wat altyd lag,
IEMAND wat 'n storie vertel, wat jou probleme klein laat voel,
IEMAND wat jou pyn raaksien en aan jou dink,
IEMAND wat jou beter laat voel!!

Jy was al daardie IEMAND vir 'n kollega! Dankie daarvoor! 

Tuesday, 2 July 2024

Terugflits: Groot probleme, klein treë

As daar nou een ding is wat vir my duidelik is, is dit dat jou kinders as volwassenes nie noodwendig minder moeilikheid vir Pa en Ma beteken nie.

Inteendeel, ek het baie al moes hoor dat ouers sug en sê dat hulle nie weet waar hul kinders se maniere of optrede nou skielik vandaan kom nie. Volwasse kinders kan vir hul ouers groot moeilikheid beteken.

Groot kinders kan hul ouers baie, baie seermaak, soms sonder dat 'n mens dit enigsins verwag. Net soveel seën kinders kan wees, net soveel seer kan hulle ook veroorsaak.

Toe ek dié dag met Ma en Middelseun gesels, het ek besef sy is nou 'n goeie voorbeeld van iemand wat hiervan kan getuig.

Van 'n ma en 'n pa wat oor die jare heen hard probeer het, maar wie se middelste seun net anders as die ouer en jonger broer is. Pas weer is sy verlowing verbreek, het hy sy werk verloor en moeilikheid gemaak.  

Ma soek 'n antwoord, sy weet nie regtig waarheen en hoe met so 'n volwassene wat nie wil hoor nie. Sy het hom reggeleer, reggelei, reg voor hom geleef, maar ai, hy wil nie hoor nie. Hoe oorleef sy met so 'n kind?

Sy het 'n goeie antwoord: "As die moeilikheid groot is, moet 'n mens klein treë gee."

Dié seun het haar geleer om klein treë te gee. Daar kom tye in 'n mens se lewe dat groot treë nie gaan help nie, dan moet jy stuk-stuk beweeg.

As die moeilikheid op sy grootste is, is dit sulke tyd. Dan moet jy klein treë gee en deur die klein treë kom jy stuk-stuk waar jy moet wees.

Ons is geneig om te dink dat groot probleme groot oplossings vra. Ons dink groot moeilikheid kan net met groot treë opgelos word. Hierdie ma het my 'n heeltemal ander perspektief op groot moeilikheid gegee. In groot moeilikheid, gee jy klein treë.

In die volksmond is daar 'n sêding wat lui dat 'n mens 'n olifant happie vir happie moet eet. As die moeiikheid groot is, gee klein treë.

[Bron: Noordkaap - Twyfelhoekie - Hannes Noëth - gaan lees gerus die Twyfelhoekierubrieke op die internet -daar is soveel pitkos om aan te herkou.]

Klik HIER om die artikel Twyfelhoekie: Kyk tog met ’n sagte hart om jou te lees.

Sunday, 27 March 2022

Monday, 14 December 2020