Sunday 30 June 2019

Diamantveld, een van die dogtergemeentes van Dutoitspan ...

Ds. en mev. Vidius Nel
Uit die argiewe:

Ds Vidius Nel was Diamantveld-gemeente se predikant tydens Dutoitspan se eeufeesvieringe. Hy was ook die konselentleraar en daar was goeie samewerking tussen Diamantveld-gemeente en Dutoitspan. Verenigings het mekaar oor en weer besoek. Daar was tye dat Diamantveld hulle basaar op 'n Vrydagmiddag en -aand gehou het en Dutoitspan hulle s'n die Saterdag daarna. Alle bederfbare produkte wat hulle nie tydens hulle basaar verkoop het nie, het hulle dikwels aan ons geskenk - grootkoeke was gewoonlik bo-aan hierdie lysie. 

In Junie 1986 kry ds. Nel 'n hartaanval op die kansel terwyl hy 'n huweliksbevestiging lei. Hy tree op 30 Augustus 1986 met vervroegde pensioen af en lewer op 31 Augustus, vier dae ná sy 62ste verjaardag, sy afskeidspreek. Hy en sy vrou gaan vestig hulle in die Strand, waar hulle die laaste agt maande van sy lewe in die Altena-aftreeoord woon. Hier is hy oorlede op 31 Maart 2007. Ds. Dawie Scheepers lei die roudiens op 4 April 2007.

Gesinslewe

Mev. Deidré Nel lewer 'n
groeteboodskap tydens
Dutoitspan se eeufees
.
Ds. Vidius en mev. Deidré Nel toe hulle die pastoriepaar op Somerset-Wes was. Ds. Nel is op 3 Junie 1950 in die Groote Kerk in Kaapstad met Deidré Schoombie in die eg verbind. Hulle was 57 jaar getroud. Uit die huwelik is vier seuns gebore. Ten tyde van ds. Nel se dood het Coligny, genoem na sy oom, op Secunda gewoon, Johan in Johannesburg (hy was op sy dag die jongste landdros in die land en het later as regsadviseur by Sasol gaan werk), Ovidius in Welgemoed, Kaapstad, waar hy sedert 1997 'n stelsel-ingenieur by die Foschini-groep was, en Marius in Francistown, Botswana.

Op 24 Januarie 1971 word die NG gemeente Diamantveld, wat in 1955 van die NG gemeente Dutoitspan afgestig het, sy sesde gemeente. Dit was die begin van 'n besonder vrugbare bediening in die Diamantstad. As medeleraar van Diamantveld was dit veral ds. Nel se taak om 'n deel van die gemeente voor te berei op afstigting, want reeds twee jaar voor dit eindelik sou gebeur, het Diamantveld se lidmate meer as 1 500 getel. Diamantveld se
Mev. Deidré Nel van Diamantveld-
gemeente links voor,
kerkraad het in Februarie 1979 besluit om 'n beplanningskommissie te benoem met die oog op die afstigting van die woonbuurte Monumenthoogte, South Ridge, Ronaldsvlei en Rustic. Op 12 Oktober 1979 lees ds. Nel 'n konsepbrief aan die kerkraad voor, gerig aan die skriba van die Ring van Dutoitspan, waarin hy vra dat Diamantveld mag voortgaan met die afstigting. Uit die geskatte 700 lidmate van die te stigte nuwe gemeente, steun 491 die afstigting. Ná stemming is op die naam Kimberley-Suid vir die nuwe gemeente besluit.

Ds.Vidius Nel gee 'n groeteboodskap
van die dogtergemeente tydens die
eeufeesvieringe in 1972.
Die Ring keur die afstigting op 15 Oktober 1979 goed en die gemeente Diamantveld besluit om R50 000, die kerkperseel en pastorie by Kekewichrylaan 31 Kimberley, waar ds. Nel en sy gesin gewoon het, as bruidskat te gee. Die afstigting vind op 13 November 1979 plaas, waarna die eerste kerkraad nog die selfde dag verkies en op 18 November in hul amp bevestig word. Net mooi sewe dae later beroep hulle ds. Nel as die gemeente se eerste leraar. Hy neem die beroep aan en spit saam met sy vrou, Deidré, die eerste sooi van die nuwe kerkgebou op 4 April 1981. Op 1 Augustus 1982 is dit ook hy wat die hoeksteen onthul. 'n Week later lei hy die eerste Nagmaalsviering toe die gemeente bestaan het uit 396 huisgesinne, 480 skoolgaande kinders, 130 voorskoolse kinders en 300 in die N.J. Heynsskool. Die sieletal was destyds 1 670.

[Mev. Deidré Nel (nooi Schoombie) was 'n gemeentedogter van Dutoitspan.]

Saturday 29 June 2019

Friday 28 June 2019

Thursday 27 June 2019

Wednesday 26 June 2019

Tuesday 25 June 2019

Monday 24 June 2019

Gebed: Winde van verandering ...


Die winde van verandering
waai heeltyd deur die werkplek en die lewe:
Stelsels, strukture, mense, produkte, dienste
is vloeibaar, plooibaar en veranderbaar.

Vader van lewe,
gee aan ons die moed en energie
om met teleskopiese lense op die toekoms
ons stuurwiel in die regte rigting te draai.

Dankie dat U by ons is
op al die uitdagende reise van ons lewe.
Dankie dat U ons Kompas is
deur al die verskillende strome
en in al die ongemaklike storms;
dat U dáár is om ons in die regte windrigting stuur
en ons keer op keer
veilig aan wal te bring.

Dankie dat U die standhoudende Middelpunt bly.

[Dankie aan Marguerite Pienaar wat vir ons hierdie gebed ingestuur het,]

Friday 21 June 2019

Thursday 20 June 2019

Wednesday 19 June 2019

Monday 17 June 2019

Basaar 2019: Skud die vere reg!


Trek 'n groot rooi sirkel om 3 Augustus - vanjaar se basaardatum. 'n Oogknip weg!!

Sunday 16 June 2019

Happy Father's Day


A touching story about the importance of respecting your parents in their old age

An 80 year old man was sitting on his porch with his 45 year old very educated son. Suddenly a crow appeared on their window and the father asked his son: “What is that?”. The son answered: “A crow”.

Later on the father asked him again the same question and the son answered irritably: “As I have told you before it is a crow.” When the father asked the third time the expression on the son’s face gave of a slightly angered emotion and repeated: “It is a crow, a crow, a crow!”.

The father then asked a fourth time the same question and that is when the son started shouting and yelling to his father: “Why do you keep asking me the same question over and over again when I answered you 3 times already? What do you not understand?”

With that response the father stood up and went to his room. He later came back with an old diary that he had kept ever since his son was born. Then he asked his son to read the first page out loud:

“My son turns three today and as we are sitting on the sofa he curiously asked me about a bird that was sitting on the window. Even after answering he asked me 23 times more the same question. Every time I gave him the same answer as before “It is a crow.” Every time out of those 23 times I answered patiently with admiration and love to the innocent child before me.”

This story should serve as powerful message that sometimes children are not patient enough with their elderly parents. Sometimes we are not even aware of what our parents did for us ever since we were born. The father answered his kid 23 times and his grown up child could not even hold it together for three.

That means that patience is very important in our lives and relationships and that our parents should not be seen as a burden, instead we should think of ways to protect them and make them feel better and just be kind to them.

So from this day on and after reading this story, try to be understanding of them even when they do not give you any space for it. Even when you don’t like their behavior, try to give them hope when they have already lost it. Try to make them happy and do everything in your power to make it so.

Saturday 15 June 2019

Ons Huis se blomdag ...

Leerders van die Laerskool Eureka het Ons Huis besoek en met oop hande en harte 'n groot skenking gemaak. Hierdie mooi gebaar gaan nie ongesiens verby nie. Dankie dat julle nog tyd maak om die senior burgers te besoek. Gaan kyk na nog foto's hier en ook hier om uit te vind hoekom Kersfees vanjaar baie vroeër as gewoonlik was.


Friday 14 June 2019

Moet dit nie doen nie ...


Dringend!!

Die Krap-en-Koopwinkel doen 'n dringende beroep op gemeentelede om kinderklere te skenk. Daar is 'n groot behoefte aan veral wintersklere.

Moenie versuim om 'n bydrae te maak nie, want volgens die weerkenners gaan die koue op ons toesak,

KONTAK ANNA (065 827 0550)

Thursday 13 June 2019

Kom deel met ander jou getuienis ...

Aardetyd is genadetyd. En elkeen van ons ontvang dit in oorvloed.

As jy 'n getuienis het van God se hand in jou lewe - sit dit op skrif en bring dit na die kerkkantoor. Ons beoog om 'n dankbaarheidsboek saam te stel en dit in Oktober uit te gee.

Ons bydraes maak ‘n verskil. God maak deur ons ‘n verskil. 

OKTOBERMAAND is TIENDEMAAND.

Love your parents ...


Wednesday 12 June 2019

Monday 10 June 2019

In die voorste gestoeltes ...

Na enige funksie, is die opruim van die saal en die bêre van stoele 'n baie belangrike aksie ... tot 'n volgende keer ...

Sunday 9 June 2019

Instruksies van God ...


"Eendag het ek God om instruksies gevra oor hoe ek op aarde behoort te leef. Hierop het God Sy stem naby aan my oor gebring en gefluister."

"Wees soos die son, kom vroeg op en moenie laat gaan slaap nie. Wees soos die maan, skyn in die donkerte, maar onderwerp jou aan die groter lig. Wees soos die voëls – eet, sing, drink en vlieg. Wees soos die blomme – lief vir die son, maar trou aan jou wortels."

"Wees soos die vrugte, mooi en sprankelend aan die buitekant, maar gesond aan die binnekant. Wees soos die dag wat aanbreek en vertrek, sonder om af te wys of te spog. Wees soos die oase – voorsien water aan hulle wat dors het. Wees soos die vuurvliegie wat, alhoewel klein, haar lig vooruit werp. Wees soos die water, goed en deursigtig. Wees soos die rivier wat altyd vorentoe beweeg."

"En bo alles, wees soos die hemele: 'n woonplek vir God!"


Saturday 8 June 2019

Kontak ds. Enslin

Indien u 'n behoefte het aan huis-, hospitaal- of siekebesoek moet u asseblief direk vir ds. Enslin skakel by 079 522 9680.

Indien daar enige volwassenes is wat graag belydenis van geloof wil aflê ten einde 'n belydende lidmaat van die gemeente te word, kontak asb. vir ds. Enslin by bogenoemde nommer.

Friday 7 June 2019

Thursday 6 June 2019

Wednesday 5 June 2019

n Wêreldklas-tolk ...


Video: Johann Genis

Kinderkerk se Pinksterkolwyntjie ...

Sondagoggend het die kinders van graad RR tot graad 7 met die Droomlandreis kennis gemaak. Wat 'n heerlike verrassing het hierdie kinderpinkster nie vir hulle ingehou nie. Die tyd het te vinnig verby gegaan en op die koop toe, het dit 'n soet smaak in die mond gelaat ...
[Dankie aan tannie Liesl Brown wat so 'n beertjie-drukkie-kolwyntjie vir elkeen gemaak het.] Nog foto's hier.





Tuesday 4 June 2019

Koffiehuiskonsert: Nabetragting ...

Foto's van die koffiehuiskonsert land nog aanmekaar op die tafel. En dit prikkel die lagspiere van hulle wat daar was, 'n tweede en 'n derde keer. Dit is mos nou waarde vir geld!

Die aktiewe akteurs in die Pienk Mannetjies is ds. Ensie Enslin en sy seun Gerrie.

En in Die Tolk is dit ds. Ensie en mev. Annatjie Enslin.

Foto's: Elsa Minne




Life is like a notebook ...

Monday 3 June 2019

Dagboek vir die week

Sondag 2 Junie (Spes. Koll.Instituut vir dowes)

08:00 - Mannebiduur
09:00 - Erediens, Kleurterkerk, Jnr Kategese
10:00 - Kategese
16:00 - Geen Belydenisklas-kategese
17:30 - Diens: Ons Huis
18:00 - PINKSTERDIENSTE 02-06 Junie by ST ANDREWS                                              PRESBITERIAANSE KERK
18:00 - Kinderpinkster - by Dutoitspan Gemeente

Dinsdag 4 Junie

10:00 - Vroue-Bybelstudie in die konsistorie
18:00 - Flip Selgroep
18:00 - Cassandra se selgroep

Woensdag 5 Junie
16:00 - Ouma Mary-Bybelstudie

Sondag 09 Junie - PINKSTERFEES

ONS GEMEENTE GAAN NA DIAMANTVELD

09:00 - Nagmaal by Diamantveld Gemeente
16:00 - Belydenisklas-kategese
17:30 - Diens: Ons Huis

Baie geluk met u verjaardag ...

02 Junie
Jurie Jacobs 076 983 5825
Eve Natal 082 959 1700

03 Junie
Ensa Smit 083 291 5790
Wicus Swanepoel

04 Junie
Omaatla Besent 082 920 1748
Nico Gresse
Letsie Joubert 083 309 8893

06 Junie
Loen Natal 082 959 1702
Nicole van Zyl 076 006 7640

07 Junie
Jaco Erwee 084 742 3834
Brandon Mostert

08 Junie
Burgie Ekkerd 082 936 3959
Lizette Swartz 073 222 9387

Evangelie-kleurekursus 8 Mei 2019

Foto's: Elsa Minne

Nog foto's hier.

Aanbieder: Ds. Ensie Enslin



Ons e-posadres verander!

E-POS :ngdutoitspan@gmail.com

Kontak ons gerus!

Saturday 1 June 2019

Lekker ou Jan bly in Dutoitspan-gemeente ...

Ilze Retief en Johan Genis het hul pad na roem al dansend op die kerk se verhoog begin, terwyl Elsa Minne vir hulle die tempo en die toon aangegee het. Die orkes het die agterhoede gedek en duidelik hoorbaar hulle kant gebring. Lekker ou Jan het 'n splinternuwe baadjie aangetrek.

Videos: Johann Genis

'n Dawerende applous vir die akteurs ...

Die akteurs van die koffiehuiskonsert het hulle baie goed van hulle vrolike taak gekwyt.

Dankie vir die mooi opkoms, die goeie ondersteuning en die betrokkenheid om hierdie koffiehuiskonsert 'n sukses te maak.