Sunday 9 June 2019

Instruksies van God ...


"Eendag het ek God om instruksies gevra oor hoe ek op aarde behoort te leef. Hierop het God Sy stem naby aan my oor gebring en gefluister."

"Wees soos die son, kom vroeg op en moenie laat gaan slaap nie. Wees soos die maan, skyn in die donkerte, maar onderwerp jou aan die groter lig. Wees soos die voëls – eet, sing, drink en vlieg. Wees soos die blomme – lief vir die son, maar trou aan jou wortels."

"Wees soos die vrugte, mooi en sprankelend aan die buitekant, maar gesond aan die binnekant. Wees soos die dag wat aanbreek en vertrek, sonder om af te wys of te spog. Wees soos die oase – voorsien water aan hulle wat dors het. Wees soos die vuurvliegie wat, alhoewel klein, haar lig vooruit werp. Wees soos die water, goed en deursigtig. Wees soos die rivier wat altyd vorentoe beweeg."

"En bo alles, wees soos die hemele: 'n woonplek vir God!"