Monday 24 June 2019

Gebed: Winde van verandering ...


Die winde van verandering
waai heeltyd deur die werkplek en die lewe:
Stelsels, strukture, mense, produkte, dienste
is vloeibaar, plooibaar en veranderbaar.

Vader van lewe,
gee aan ons die moed en energie
om met teleskopiese lense op die toekoms
ons stuurwiel in die regte rigting te draai.

Dankie dat U by ons is
op al die uitdagende reise van ons lewe.
Dankie dat U ons Kompas is
deur al die verskillende strome
en in al die ongemaklike storms;
dat U dáár is om ons in die regte windrigting stuur
en ons keer op keer
veilig aan wal te bring.

Dankie dat U die standhoudende Middelpunt bly.

[Dankie aan Marguerite Pienaar wat vir ons hierdie gebed ingestuur het,]