Saturday 30 September 2023

Bankbesonderhede


Kerkgenotjies: Gebed

Die dominee vra vir die klein seuntjie of hy elke aand bid.
"Ja, dominee" antwoord die seuntjie.
Dominee: "En bid jy ook elke oggend voordat jy skool toe gaan?"
Seuntjie: "Nee, dominee, ek is nie bang gedurende die dag nie." 

Friday 29 September 2023

Derde- en vierde kwartaalprogram: September & Oktober

29 Sept: Boeremandjiedans

1 Okt: Matriektee

28 Okt: Potjiekoskompetisie

Karamelsjokolade-tert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 pakkie Choc Crust/Romany Creams 
2E gesmelte botter
1 teelepel karamelgeursel
1 blik karamel kondensmelk
200 gr sjokolade
180 ml room
40 gr botter

Metode
Maak 1 pakkie Choc Crust/Romany koekies fyn
Meng dit met 2E gesmelte botter en 1t karamelgeursel
Druk vas in tertbak

Vulsel:
Roer 1 blik karamelkondensmelk tot glad en skep bo-op tertkors
Smelt saam: 200 gr sjokolade - gekap, 180 ml room en 40 g botter in glasbak bo-oor warm water tot gesmelt
Roer tot glad
Skep bo-oor karamelkondensmelk
Sit in yskas vir ongeveer 4 ure voor bedien
Spuit roomrosies bo-op/strooi sjokoladekrummels bo-oor (opsioneel)

Kospakkies: oesmaande

Die nood is groot en die arbeiders min ... die sukses van hierdie projek is in jou hart gesetel.

Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil aan 'n gesin se lewe.

September: Blikkies vis
Oktober: Pasta
November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word. 

Thursday 28 September 2023

Plaas die volgende op jou gebedslys


Ons is dankbaar:
- vir U genade wat U so onvoorwaardelik op ons uitstort.
- dat U bemoeienis met ons wil maak.  
- dat U verstaan wat ons op aarde beleef.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat niks ons van U liefde kan skei nie. 

Ons bid in die besonder vir:
  • Ons Huis: Die inwoners, maar in die besonder vir elke personeellid.
  • Sally Aucamp: Elke inwoner en elke personeellid.
  • Neil Retief - tans besig met behandeling, hy het reeds die 1ste bestraling en chemo gekry.
  • Tan Rhoda wat siek is.
  • Ds Ray Goddess: weer keelkanker - het 'n operasie die 22ste Aug. 2023 gehad.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 053 842 1100

Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...

... nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, sal ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here. [Rom 8:39] 

Kom ons as 'n gemeente vat hande en help die !XUN ALFA-gemeente om hulle kerk se vloer te herstel. Slegs 'n R100,00 per gesin uit ons gemeente, kan 'n verskil in hulle gemeenteprojek maak.

Wednesday 27 September 2023

121 000 verrassing

Gees en waarheid

Olywe word gepars vir die beste olyfolie.
Druiwe word flenters getrap vir die allerbeste wyn.
Van stukkende blomme word die duurste parfuum gemaak.

Wat het dit met ons in gemeen?

Onthou, as die lewe jou pars, flenters trap
of pimpel en pers slaan ... 
hou moed, want deur dit alles dra Jesus jou,
jou anker is vas
jou ketting kan nooit breek nie,
jy is met die Hand uitgesoek!

Mag jy vandag tyd kry om by die Here se voete te gaan sit
en met te ervaar hoe lief Hy jou het
en hoe kosbaar jy in Sy oë is.

Geniet hierdie dag 
en elke ander dag
met 'n passie vir die lewe,
'n glimlag en 'n positiewe gesindheid.
(Skrywer: Ellaine Kapp)

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie boodskap met ons almal deel.] 

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek


Tuesday 26 September 2023

Never stop ...

Never stop doing little things for others.
Sometimes those little things occupy
the biggest part of their hearts.

[Thank you, Ena]

Monday 25 September 2023

'n Heerlike mandjiedans


Datum: 29 September 2023
Tyd: 18:30 - laat
Plek: Rooifontein (ou Bloemfontein-pad)

Kaartjies beskikbaar by kerkkantoor - moenie te lank wag nie!!

Saturday 23 September 2023

Kerkgenotjies: Klasfoto

Die kinders van ‘n klas is deur ‘n professionele fotograaf afgeneem.

Die onderwyseres was besig om elkeen in die klas te oortuig om ‘n groepsfoto te koop.

“Dink net hoe wonderlik dit sal wees as jy groot is en jy kyk na die klasfoto en sê: ‘Daar is Jennifer, sy’s ‘n prokureur,’ en ‘Dit is Joe, hy’s’n dokter!’ ‘Hier’s Flippie, hy’s ‘n predikant!'”

‘n Sagte, maar welluidende stem roep van êrens agter in die klas: “En daar is Juffrou, sy’s dood!’

Friday 22 September 2023

Anne se appelkoos-yskastert vir die naweek

Benodigdhede (Groot tert)

Kors:

1 pakkie tennis- /gemmerbeskuitjies, fyn gekrummel
30 ml botter - gesmelt

Vulsel:

60 ml suurlemoensap
1 x 385 g-blikkie kondensmelk
1 x 250 g-houer gewone, gladde maaskaas
250 ml room, styf geklop
15 ml gelatien, opgelos in ’n halwe koppie kookwater
Bolaag:
1 klein blikkie ingemaakte appelkose
1 pakkie perskejellie

Metode - kors:
Meng die koekiekrummels met botter en druk in ’n gesmeerde tertbord.
Metode - vulsel:
Klits die suurlemoensap in die kondensmelk
Voeg die maaskaas by en vou daarna die room by
Meng goed
Smelt die gelatien
Roer die gesmelte gelatien by die roommengsel in
Skep mengsel in die kors
Laat stol vir sowat 1-2 uur in yskas
Metode - bolaag:
Maak die jellie aan met 1 koppie kookwater
Voeg die sap van appelkose by
Sodra die tert gestol is, pak die appelkose bo-op met die ronde kante na bo
Skep van die jelliemengsel oor die appelkose - soveel as wat die tertbord kan neem

Derde- en vierde kwartaalprogram: September & Oktober

Nuwe datum: Belydeniskamp

29 Sept: Boeremandjiedans

1 Okt: Matriektee

28 Okt: Potjiekoskompetisie

Thursday 21 September 2023

Malawi: Terugvoering na week 2

diePLAN se 3de week kerkleierskaps-opleiding in Mission4
(Malawi-Suid). Vorige 2 weke was in Area 49
Dubai (Lilongwe, Malawi Sentraal) & Ekwendeni
(naby Mzuzu) in Malawi-Noord.
Alle eer aan God wat getrou is!
(Meer foto's is op aanvraag beskikbaar.)

Gisteraand se Jesus-film opkoms ... res staan buite
 die tent ... Baie oorgawes in reaksie op die film!!!
Soli Deo Gloria!!! Dankie vir jul gebede!!
Klik HIER vir nog foto's.

Wednesday 20 September 2023

En so bereik ons die 118 000-kerf!


Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek


Dis weer tyd om ‘n paar kinders se harte
rondom Kersfees bly te maak.
Kom, ons daag iemand uit om net een naam te vat
en daardie kinderhartjie bly te maak!!!!!!!
Ons het weer 50 name gekry.
Inligting is by die kantoor beskikbaar.
Ouderdomme wissel tussen 6 maande en 16 jaar!!
Bokse moet nie later as 3 November 2023 in wees nie!!!

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek


Wat is 'n oupa en 'n ouma?

  • Oupas is mans-oumas en oumas is ma-mense.
  • ʼn Oupa is iemand nes ek, net biekie slimmer, want hy kan my help met somme wat Pappa nie kan doen nie. Ouma sal dan al die lekker warm beskuit aandra en jou bederf met koffie en dan druk jy die beskuit so diep in die koffie beker sonder dat jy raas kry.
  • Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor die plaas en skape. Oumas sal met jou gaan sit op die rusbank en na jou luister, nes die Here sou doen en sal met sussies praat oor hoe hulle pop-pop gespeel het en met so klein stukkie materiaal vir hulle poppe klere gemaak het.
  • ʼn Oupa werk nie; hy het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap graag. As oupa slaap dan bederf ouma jou met al die sjokolades wat sy so onder die komberse wegsteek in die gangkas.
  • ‘n Oupa kan nie meer mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te sê, omlat hy regtig wil weet. As jy dalkies stout was sal ouma sê dat dit nog glad nie die einde van die wêreld is nie.
  • Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk. Oumas het so kaart wat sy gebruik om vir my daarie mooi skoene te koop wat so duur is en ek weet nie wie betaal die kaart nie. Maar die kaart betaal vir baie dinge.
  • ‘n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak en as jy nader kom dan moet jy eers so liggies aan die oor getrek word. Oumas hou meer daarvan om vir jou poeding met baie custard te gee en dan kan jy haar voorskoot aantrek, al is dit te groot vir jou.
  • Oupas vertel een storie tien maal. Elke keer anders. Jakkels en Wolf stories is mooi al het ek nog nie ‘n rêrige jakkels en wolf gesien nie. Dis so goed soos tien stories. Oumas ken weer Kook en geniet uit hulle koppe uit en daar's niks wat sy nie kan kook of bak nie en met eiers en meel kan oumas toor.
  • Almal moet probeer om ‘n oupa en ouma te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie kyk en die grootste stuk goud wat ek nog gesien het.

Tuesday 19 September 2023

1 443 e-lesers het vandag hier ingeloer



Ons kán mekaar oppas ... ons móét mekaar oppas

Sy foon het per ongeluk onder gebed in die kerk gelui ...

Die pastoor het met hom geraas.

Die ander aanbidders het hom agterna berispe vir die onderbreking.

Sy vrou het al die pad huis toe aangehou om hom te herinner aan sy agterlosigheid.

Sy medewerkers het net die kop geskud in afkeur.

Jy kon die skaamte, ontnugtering en vernedering op sy gesig sien. Hy’t nooit weer sy voet in die kerk gesit nie. Daardie aand is hy na ‘n kroeg toe. Hy was nog senuagtig. Derhalwe het hy sy drank op die tafel gemors, die bottel het omgeval en van die vloeistof het op sommige mense gespat. Hulle het hom dadelik omsingel. Hy’t sy oë toegemaak en die ergste woorde en aksie verwag.

In plaas daarvan wou almal weet of hy okay is en of die bottel hom nie dalk beseer het nie. Die kelner het verskoning gevra en hom ‘n lap gegee om skoon te maak. Die skoonmaker het die vloer kom droogmaak. Die bestuurder het hom ‘n rondte verniet op die huis aangebied. Sy het hom ‘n warm drukkie gegee en gesê: “Moenie komkommer nie man! Wie van ons maak nie foute nie?”

Hy was sedertdien nog elke dag in die kroeg.

# Ons houding dryf ander gelowiges soms hel toe.
# Jy kan ‘n verskil maak oor hoe jy mense hanteer, veral as hulle foute maak.
# As jy nie ‘n brug kan wees om mense te verbind nie; moenie ‘n muur wees wat hulle vervreem en weghou nie.
# As jy nie ‘n lig kan wees om mense se goeie dade op te helder nie, moenie die donker kombers wees wat hulle pogings verduister nie.
# As jy nie water kan wees wat mense se plante kan reën gee nie, moenie die gif wees wat hulle oes vernietig nie.
# As jy nie die inenting kan wees om lewe te gee nie, moenie die virus wees wat dit vernietig nie.
# As jy nie die pen kan wees om iemand se geluk op te teken nie, wees dan die vriendelike uitveër om hulle droefheid te laat verdwyn.

Ons kán mekaar oppas. Laat ons die wêreld genees en sout wees. 

JA! Ons kan!

[Dankie, Anoniem, vir hierdie stof-tot-nadenke-stuk]

Potjiekoskompetisie

Monday 18 September 2023

1 573 e-besoeke op 'n blou Maandag



Dankie vir die lentefunksie

Klik HIER vir die foto's

'n Heerlike mandjiedans


Datum: 29 September 2023
Tyd: 18:30 - laat
Plek: Rooifontein (ou Bloemfontein-pad)

Kaartjies beskikbaar by kerkkantoor - moenie te lank wag nie!!

Sunday 17 September 2023

Statistiek: 114 000 besoeke


Vandag het Dutoitspan Kimberley 1606 e-besoeke gehad. Gedurende hierdie blomnaweek was daar 2 267 e-gaste wat 'n vinnige draai by hierdie blog gemaak het - ons waardeer julle. Mag die nuwe week vir julle ook 'n blomweek wees.

'n Heerlike tee-/koffiekuier na kerk

Dagboek

Sondag 17 September (SIN NGKA PHORORO)
08:00 - Mannebiduur
09:00 - Erediens
09:00 - Kategese/Kleuterkerk
10:00 - Kategese: gr. 8-11
17:15 - Ons Huis: Diens

Saturday 16 September 2023

'n Heerlike lentefunksie

 






Klik HIER vir nog meer foto's.
[Fotograaf: Elsa Minne - baie dankie!]

Geniet die lentefunksie


Kerkgenotjies: In die Sondagskoolklas

Sondagskooljuffrou: "Jannie, dink jy Noag het baie visgevang terwyl hy in die ark was?"
Jannie: "Nee, Juffrou. Hy het net twee wurms gehad."

Friday 15 September 2023

Koejawelyskastert vir die naweek

Benodigdhede
:

1 blik kondensmelk
1/2 k suurlemoensap
1 houer smooth cottage cheese
1 swissrol
1 groot blik koejawels
3-4 t vlapoeier
1/2 k water

Metode:
1 blik kondensmelk geklits met 1/2 k suurlemoensap
Meng 1 houer smooth cottage cheese in tot glad
Gebruik 1 swissrol vir kors - sny dun skywe en pak onder in gesmeerde bak
Sit kaasmengsel bo-op
Sit koejawelstukke bo-op mengsel
Vat koejawelstroop - verhit en roer by 3-4 t vlapoeier aangemaak met 1/2 k water by sous om te verdik Laat afkoel en gooi egalig oor koejawels
Sit in yskas om te stol

Derde- en vierde kwartaalprogram: September & Oktober

Nuwe datum: Belydeniskamp

16 Sept: Lentefunksie 60+

29 Sept: Boeremandjiedans

1 Okt: Matriektee

28 Okt: Potjiekoskompetisie

Kospakkies: oesmaande

Die nood is groot. Dié projek sal nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil aan 'n gesin se lewe.

September: Blikkies vis
Oktober: Pasta
November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word.

Jy is meer as welkom om ook ander artikels te skenk. Dink aan die dinge waarsonder jy in jou eie huishouding nie kan klaarkom nie. Met hierdie gedagte, maak dit jou deelname aan hierdie projek makliker. 

Thursday 14 September 2023

Plaas die volgende op jou gebedslys

 
Ons is dankbaar:
- vir U genade wat U so onvoorwaardelik op ons uitstort.
- dat U bemoeienis met ons wil maak.  
- dat U verstaan wat ons op aarde beleef.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat niks ons van U liefde kan skei nie. 

Ons bid in die besonder vir:
  • Ds. Ensie is tans in Ekwendeni (Malawi-Noord, naby Mzuzu). Wat 'n voorreg om die Naam van Jesus ook op hierdie manier te kan versprei!!! SOLI DEO GLORIA!!! 
  • die voorbereiding en vir die aanbieders van hierdie kursus - dat die saad op vrugbare grond sal val.
  • 'n veilige terugreis.
  • God se seën op hierdie 3 weke se opleiding, vir die 3 Sondae se eredienste, asook vir elke gesprek tussen-in. (Mt 28:19; Hd 1:4-8)
  • Neil Retief - tans besig met chemobehandeling.
  • Tan Rhoda wat siek is.
  • Ds Ray Goddess: weer keelkanker - het 'n operasie die 22ste Aug. 2023 gehad.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 053 842 1100

Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...

... nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, sal ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here. [Rom 8:39]