Showing posts with label Reën. Show all posts
Showing posts with label Reën. Show all posts

Friday, 20 December 2024

Mieta se gebed

More my Jirre,
Vandag is ou Mieta vroeg op
ek sien daar ver agter die berg
kom wys die son sy kop

Die vlaktes is droog
dit soek water my Jirre
die son brand
daar op my draad se klere

My Jirre die laaste reent
het vir Mieta trane gebring
maar ek het weer opgebou
en my hart het aanhou sing

Die land bid vir reent
die boere kry swaar
Jirre skud daai hemel
dat die reent neer kan daal

My Jirre die son brand
hard op die droe aare
maar ou Mieta my Jirre
sy maak nie besware

Sy los die werke van die Groot Man
In Sy eie hande
maar ou Mieta bid saam die boere
vir bietjie water vir hul lande

Seen ons boere my Jirre
en seen hierdie land
doen U die werk daarbo
en ou Mieta sal bid aan hierie kant

Dankie my Jirre
Amen

[Dankie, Rosetta, vir die aanstuur. Waardeer!]

Tuesday, 10 December 2024

Wat is liefde?

Dis 'n houtkruis teen alleenheid,
'n Steunpilaar in pyn,
'n Vuurhoutjie en 'n olielamp,
Wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis 'n skouer om op te huil,
Wanneer die wêreld jou soms druk,
'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou,
en wanneer om vir jou 'n roos te pluk.

Dis 'n oor wat na jou luister,
Al praat jy soms nie sense,
'n Stem wat vir jou fluister:
"Jy's 'n dierbare mens."

Dis 'n kombers teen die koue,
'n Sambreel teen die reën,
'n Fort waardeur geen wind kan waai,
Selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis 'n telefoonoproep uit die bloute,
'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,
En wanneer woorde oorbodig is,
Word liefde 'n stille gebed.

Bo alles is Liefde 'n gawe van God -
Geen mens kan daarsonder klaarkom -
Dis die kern van Sy grootste gebod.

[Anoniem]

Friday, 19 October 2018