Showing posts with label Bemoediging. Show all posts
Showing posts with label Bemoediging. Show all posts

Saturday, 25 October 2025

My Genade is vir jou genoeg!

Met 'n stem vol liefde, so sag en so teer, 
fluister Jesus Christus: 
My kind lê jou hoof op My skoot neer ...
Vergeet van jou probleme en al jou smart
Vergeet van satan wat jou uitlok en tart
Vergeet van die las wat swaar op jou rus
Vergeet van jou sonde, dis reeds uitgewis
Maak net jou oë toe en luister na My Stem
Jy is Myne, lank voor tyd het Ek jou geken
Jy is tot alles instaat deur My Krag wat Ek jou gee,
Ek sal jou paaie gelyk maak, as jy My ken in al jou weë
Ek is jou Rots, jou Verlosser, by My kan jy skuil
Ek wil jou teen My vashou, jou troos as jy huil
Ek wil vir jou gee, meer as wat jy My vra
Ek wil langs jou wandel en jou laste dra
Ek wil hê jy moet weet Ek het ook vir jou die prys betaal ...
Moenie opgee nie, maak nie saak hoeveel maal jy faal
Ek vra nie wees perfek nie, Ek vra net dat jy probeer
Wanneer jy val, moenie bly lê nie, staan op, probeer weer
My Genade is vir jou genoeg!
JESUS SE KOSBARE LIEFDE
[Onbekend ]

Monday, 11 November 2024

Dit gaan alles die moeite werd wees!

Jy wat moeg is.
Jy wat voel jy kan nie meer nie.
Jy wat nie meer weet wat om te doen nie.
Jy wat geen uitweg sien nie.
Jy wat moeg gehuil is.
Jy wat net wil verdwyn.
Jy wat klein voel.
Jy wat voel jy het geen doel nie:

Raak net rustig en gee alles vir Hom!
Gaan lê alles by Jesus se voete neer!
Gee jou bekommernisse vir Hom!
Moet nie nou opgee nie!
Dit gaan alles die moeite werd wees!

Laat toe dat God jou laste wat jy so swaar dra ligter maak!
Dis net 'n keuse wat jy moet maak!
Gee alles vir Hom!

[Dankie, Rosetta]