Sunday 29 May 2022

Gebed van 'n vrou

BYBELSTUDIEGROEP
deur Nina Smit

 "Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig: dit gee insig aan dié wat nog onervare is." (Ps. 119-130)

Hemelse Vader,  

Hoe waar is dit nie van ons Bybelstudiegroep nie.
Vyf jaar kom ons al elke week saam in u Naam
rondom u Woord.
En ons weet met helder sekerheid
U is saam met ons,
U liefde omvou ons,
u Gees laat u Woord vir ons oopgaan -
en ons kry insig in die dinge van u koninkryk.
Dankie dat ons mekaar kan liefhê,
omdat ons u liefde in ons harte het.
Dat ons vriendinne in Christus kan wees
en mekaar se probleme op die hart kan dra.
Dat ons vir ons gemeente kan bid
as ons so saam is.
Leer ons week na week
om in ons Bybelstudiegroep
elke keer nader aan U te kom,
U steeds beter te leer ken
deur die bestudering van u Woord.
Amen.

Sunday 22 May 2022

Wat vertel jy aan jouself elke oggend as jy jou dag begin?

● ​​Moses sou sê: "Here, as U nie saam ons vooruit gaan nie, laat ons dan net hier bly."

● ​​Abraham sou sê: "Die Here sal voorsien."​​

● ​​Jacob sou sê: "Ek sal U nie laat gaan, totdat U my geseën het nie"​​

● ​​Josua sou sê: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."​​

● ​​Samuel sou sê: "Spreek Here, U dienskneg luister."​​

● ​​Nehemia sou sê: "Die blydskap in die Here is my beskutting."​​

● ​​Dawid sou sê: "Die Here is my Herder, niks sal my onbreek nie"​​ en "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees."​

● ​​Solomo sou sê: "Vertrou die Here met jou hele hart en leun nie op jou eie insigte nie, in alles wat jy doen maak dit bekend aan die Here en Hy sal jou paaie gelyk maak."​​

● ​​Jesaja sou sê: "Staan op, word verlig want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou" en "Geen wapen wat teen jou gesmee word sal iets uitrig nie."​​

● ​​Jeremia sou sê: "Die Here het planne om my voorspoedig te maak en sal my nie teleurstel nie."​​

● ​​Jabes sou sê: "Dat U my sal seën en my grondgebied vermeerder"​​

● ​​Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: "Ons buig voor geen beeld nie maar ons sal die Here dien"​​

● ​​Esegiël sou sê: "Enige droë bene in my lewe, sal weer lewe"

[Dankie, ds. Ensie.]

Sunday 8 May 2022

'n Ma het vir haar kinders gesê:

Wanneer ek eendag sterf, mag jy dalk huil. 
Ek gaan nie weet nie, so huil nou oor my.
Jy gaan blomme na my graf bring, maar ek gaan dit nie sien nie. 
Bring dit nou vir my.
Jy gaan op my begrafnis mooi woordjies praat, ek gaan dit nie hoor nie. 
Sê dit nou vir my.
Jy gaan my foute vergeet, maar ek gaan nie daarvan weet nie. 
Vergewe my nou.
Jy gaan my mis, maar ek gaan dit nie weet nie. 
Mis my nou.
Jy gaan wens jy't meer tyd saam met my spandeer, spandeer dit nou ...
Want ek is geleen aan jou

Sunday 1 May 2022

150 genadejare: 1972 se feesdoopouers

Die heilige sakrament van die doop is tydens die Sondag aan die doopouers bedien, wat sommer 'n paar rye voor die preekstoel gestaan het. Hierdie foto is voor die kerk, na afloop van die diens geneem en het ook in die koerant verskyn. Hierdie eeufees-doopbabatjies het 'n spesiale Bybel as geskenk ontvang.


Hier is drie van die ouerpare in die kerk afgeneem voor die nuwe kanselkleed vir 1972.

Hannetjie en Tony Pride, ds. Siebert, Hendrik en
Sue Uys en Thys en Baby van Lingen.

Elke dag is 'n werksdag ...