As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy goedheid plant, sal jy vriende oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes.
As jy volharding plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy harde werk plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy geloof in Christus plant, sal jy verlossing oes.
Showing posts with label Vertroue. Show all posts
Showing posts with label Vertroue. Show all posts
Thursday, 2 October 2025
Friday, 11 July 2025
Wat is Genade?
Genade is om gebore te word.
Genade is om deur Sy wil op aarde te wees.
Genade is om elke oggend wakker te word
en na 'n moeilike dag in die bed te kan klim.
Genade is om kos op jou bord te kan hê
en dankbaar te wees daarvoor.
Genade is om elke oggend jou kop soos 'n gousblom na die son te draai
en dankbaar te wees vir nog 'n dag.
Genade is om elke aand soos 'n daglelie toe te maak
en dankbaar te wees vir nog 'n dag wat verby is.
Genade is om gesond te wees.
Genade is om te vertrou as jy siek word.
Genade is om dankie te sê elke keer as daar water in jou kraan is
en elke druppel reën wat val.
Genade is om jou kleinkinders te sien grootword
en jou mond te hou as hulle moeilik is.
Genade is om lief te wees
en liefgehê te word.
Genade is om oud te word
en te wonder waar is my lewe heen.
Genade is om dankbaar te wees dat jy jou Skepper ken.
Genade is om 'n werk te hê al is jy so moeg jy wil omval.
Genade is die grootste geskenk wat jy kan hê.
Genade is om aan te gaan al lyk die pad vorentoe donker.
Genade is algehele vertroue op jou Skepper.
Sy Genade is vir jou genoeg!
Wees dankbaar! Vir Alles!
Genade onbeskryflik groot!
Tuesday, 27 May 2025
Mandjie Hoop: Weet dat jou Verlosser leef
Mag jy nie teen jou omstandighede vaskyk nie,
maar opkyk en weet jou Verlosser leef.
Mag jy in God se waarheid staande bly
Mag jy in God se waarheid staande bly
en deurdruk ten spyte van,
totdat Sy lig vir jou deurbreek.
Mag vertroue in jou Hemelse Vader
Mag vertroue in jou Hemelse Vader
en die waarheid van Sy liefde
jou menswees oorneem
en vir jou vrede bring
in alles waardeur jy gaan.
Subscribe to:
Posts (Atom)