Showing posts with label Dr. Frans Hancke. Show all posts
Showing posts with label Dr. Frans Hancke. Show all posts

Friday, 11 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 19 - Vrydag)

4.2.5 Die Vader soek aanbidders in gees en waarheid. (Meer as “praise and worship”)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot:  
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.2.5 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 2: Meer as “praise and worship” 
Dag 5: Die Vader soek aanbidders in gees en waarheid. 

Lees: Joh. 4:19–24 


Oordink: 
Hoe verstaan jy die uitdrukking “in gees en waarheid” as eienskap van ware aanbidders? 
Watter soort mense beskryf Jesus met hierdie woorde?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Thursday, 10 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 19 - Donderdag)

4.2.4 God soek nie bloot uiterlike godsdienstigheid nie ... (Meer as “praise and worship”)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.2.4 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 2: Meer as “praise and worship” 
Dag 4: God soek nie bloot uiterlike godsdienstigheid nie, maar ’n hart wat Hom gehoorsaam - ware aanbidding word sigbaar in ons reaksie op sy Woord. 

Lees: 1 Sam. 15:22–23 


Oordink: 
Dink jy die moderne samelewing maak dit moeilik vir mense om hul gebrokenheid en selfs kwesbaarheid te erken? Watter invloed het dit op my lewe as gelowige?
 
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou  

Wednesday, 9 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 19 - Woensdag)

4.2.3 Egte aanbidding vra ’n lewe wat by God se heiligheid pas ... (Meer as “praise and worship”)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot:  
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.2.3 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 2: Meer as “praise and worship” 
Dag 3: Egte aanbidding vra ’n lewe wat by God se heiligheid pas - 'n opregte en gehoorsame lewe. 

Lees: Ps. 24:3–6 


Oordink: 
Hoe lyk ʼn lewe wat God se heiligheid reflekteer en verkondig in praktyk? Hoe vergelyk my eie lewe daarmee?
 
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Tuesday, 8 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 19 - Dinsdag)

4.2.2 Ware aanbidding kom uit ’n hart wat God eer. (Meer as “praise and worship”)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot:  
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.2.2 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 2: Meer as “praise and worship” 
Dag 2: Ware aanbidding kom uit ’n hart wat God eer. 

Lees: Mat. 15:6b–9 


Oordink: 
Kan dit wees dat ons soms “die regte geluide maak”, maar ons ware verhouding met Jesus weerspreek dit?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Monday, 7 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 19 - Maandag)

4.2.1 Ware aanbidding vloei uit eerbied vir God (Meer as “praise and worship”)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot:  
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.2.1 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 2: Meer as “praise and worship” 
Dag 1: Ware aanbidding vloei uit eerbied vir God en ’n lewe wat Hom met ontsag en dankbaarheid dien. 

Lees: Heb. 12:28–29 


Oordink: 
Tot watter mate is eerbied, ontsag en dankbaarheid teenoor God sigbaar in my alledaagse lewe vir mense wat met my in aanraking kom?
 
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Sunday, 6 September 2026

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

*Die ontmoeting by die put*
Die gesprek tussen Jesus en die Samaritaanse vrou verwys direk na Johannes 4:19–24. Jesus verskuif die fokus van die vraag *waar* mense aanbid na *hoe* God se ware aanbidders Hom aanbid: *“in gees en waarheid.”* Die put word daarom ’n simbool van ’n ontmoeting met Christus waarin ons verstaan wat ware aanbidding beteken.

*Die water wat uit die put vloei*
Die water herinner aan Jesus se gesprek oor lewende water. Dit wys daarop dat ware aanbidding nie bloot ’n uiterlike godsdienstige handeling is nie, maar voortvloei uit ’n verhouding met Christus en die nuwe lewe wat Hy gee.

*Die lig van die son*
Die lig simboliseer God se waarheid en die openbaring van God in Christus. Ware aanbidding leef nie van uiterlike vertoon nie, maar kom in die lig van God se waarheid en word deur daardie waarheid gevorm.

*Die mense in verskillende alledaagse situasies*
Die verskillende mense aan die regterkant van die beeld verteenwoordig die gewone lewe: gebed, werk, studie, omgee vir ander, diens en verantwoordelikheid. Dit beklemtoon dat aanbidding nie beperk is tot ’n erediens, sang of “praise and worship” nie. *Die hele lewe word ’n plek waar God geëer word.*

*Die persoon wat bid*
Gebed is deel van aanbidding, maar staan doelbewus langs die ander alledaagse handelinge. Dit wys dat aanbidding én ’n direkte verhouding met God én ’n bepaalde manier van leef insluit.

*Die persoon wat ’n ander versorg*
Liefde en diens aan ander is nie los van aanbidding nie. Wanneer ons God se wil in ons verhouding met ander uitleef, word ons aanbidding sigbaar in die praktyk.

*Die persoon wat werk en die persoon wat studeer*
Werk, verantwoordelikhede, denke en die gebruik van ons gawes behoort ook onder God se heerskappy te staan. Aanbidding gebeur dus Maandag tot Saterdag net so werklik as op ’n Sondag.

*Die waterloop deur die hele beeld*
Die water verbind die ontmoeting by die put met die alledaagse lewe. Dit beeld uit dat dit wat Christus in ons lewe begin, nie by die put of by die erediens eindig nie, maar deurvloei na hoe ons leef, werk, dien en met ander omgaan.

*Die lig wat oor die hele landskap val*
Die lig verbind die verskillende dele van die beeld. Dit suggereer dat dieselfde God wat ons in aanbidding ontmoet, ook die God is voor wie ons hele lewe geleef word.

Die prent probeer *ware aanbidding as ’n lewenshouding* uitbeeld:

*Ons aanbid God in gees en waarheid wanneer ons hele lewe — ons verhouding met Hom, ons gehoorsaamheid, ons werk, ons verhoudings, ons diens en ons alledaagse keuses — onder sy heerskappy gestel word.*

Thursday, 3 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 18 - Donderdag)

4.1.4 Of jy eet of drink of enigiets doen ... (Ons Skeppingsdoel: Om God te verheerlik)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.1.4 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 1: Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik 
Dag 4: Of jy eet of drink of enigiets doen — doen alles tot eer van God. 

Lees: 1 Kor. 10:31-11:1 


Oordink: 
Wat beteken dit prakties indien elke faset van my daaglikse lewe God se eer ten doel het? Of is Paulus se stelling maar net geestelike mooipraatjies?
 
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Wednesday, 2 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 18 - Woensdag)

4.1.3 Alles kom uit Hom, bestaan deur Hom en is tot sy eer (Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.1.3 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 1: Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik 
Dag 3: Alles kom uit Hom, bestaan deur Hom en is tot sy eer. Dis die grondtoon van lewe. 

Lees: Rom. 11:33-36 


Oordink: 
Tot watter mate word Paulus se siening van God (God-beskouing) en sy siening van die mens (mens-beskouing) duidelik in hierdie verse? Hoe sou jy sy siening beskryf?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Tuesday, 1 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 18 - Dinsdag)

4.1.2 Die hemel getuig van God se heerlikheid ... (Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.1.2 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 1: Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik 
Dag 2: Die hemel getuig van God se heerlikheid — die hele skepping is ’n loflied. 

Lees: Ps. 19:1–7 


Oordink: 
Luister na die stem van die skepping. Waarheen wys hierdie loflied jou uiteindelik?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Monday, 31 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 18 - Maandag)

4.1.1 Die hele skepping getuig van God se majesteit ... (Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: \DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.1.1 Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 1: Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik 
Dag 1: Die hele skepping getuig van God se majesteit — daarom kom ons voor Hom in aanbidding en erkenning van sy heerlikheid. 

Lees: Ps. 29:1–11 


Oordink: 
As die Bybel beklemtoon dat die hele skepping van God se heerlikheid en majesteit getuig, wat impliseer dit vir my as skepsel wat na sy beeld geskape is?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou  

Sunday, 30 August 2026

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

Die stralende lig simboliseer God se heerlikheid waaruit alles ontstaan en waardeur alles bestaan.

Die lig vloei deur mense én die hele skepping, wat weerspieël dat alles uiteindelik tot God se eer bestaan.

Die menslike figure in aanbidding wys dat ons, as mense wat na God se beeld geskape is, nie net God se heerlikheid ontvang en weerspieël nie, maar Hom bewustelik eer en aanbid.

Die lig wat deur mense, diere, natuur en water voortvloei, verbind die hele skepping in één loflied: alles wys terug na die Een uit wie, deur wie en tot wie alles is.

Die donkerte rondom die beeld beklemtoon die kontras met die goddelike lig en laat die kernboodskap uitstaan: ons skeppingsdoel is om God se heerlikheid in die hele lewe te weerspieël en Hom daarin te verheerlik.

Friday, 28 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Vrydag)

3.5.5 Aan julle liefde vir mekaar sal almal weet dat julle my dissipels is. (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.5 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 5: Aan julle liefde vir mekaar sal almal weet dat julle my dissipels is. 

Lees: Joh. 13:31–35 


Oordink: 
Wat ervaar jy as die kwessies wat verhinder dat Christene se liefde vir mekaar sigbaar genoeg is om as getuienis te dien?
 
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Thursday, 27 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Donderdag)

3.5.4 Moenie die samekomste van die gelowiges versaak nie ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 4: Moenie die samekomste van die gelowiges versaak nie – ons het mekaar nodig om te volhard. 

Lees: Heb. 10:19–25 


Oordink: 
Ons het mekaar nodig. Het jy genoeg kontak en interaksie met ander gelowiges sodat jy kan groei in geloof, gehoorsaamheid en volharding? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Wednesday, 26 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Woensdag)

3.5.3 Leef in eendrag sodat God verheerlik word ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 3: Leef in eendrag sodat God verheerlik word – eensgesindheid tussen gelowiges dra 'n kragtige getuienis. 

Lees: Rom. 15:5–7 


Oordink: 
Dra jou woorde en dade by tot die eenheid waardeur God verheerlik word – of dra jy ook by tot die verdeeldheid wat dikwels tussen Christene sigbaar is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Tuesday, 25 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Dinsdag)

3.5.2 Die liggaam groei en bou homself op in liefde ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 2: Die liggaam groei en bou homself op in liefde wanneer elke deel sy funksie vervul. 

Lees: Ef. 4:11–16 


Oordink: 
Op watter maniere dra jy by tot die geestelike groei en opbou van die geloofsgemeenskap waarvan jy deel is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Monday, 24 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Maandag)

3.5.1 Verskillende gawes, dieselfde Gees – almal dra by tot een liggaam. (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 1: Verskillende gawes, dieselfde Gees – almal dra by tot een liggaam. 
Lees: 1 Kor. 12:4–11 


Oordink: 
Het jy al ontdek wat jou gawe(s) is? 
Het ander gelowiges dit al bevestig (vir jou gesê)?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

Groep mense:
Die sentrale beeld is ’n diverse groep mense wat saam beweeg. Dit verbeeld die kern van Week 5: God roep nie net individue nie, maar bou ’n gemeenskap van gestuurdes wat saam sy missie uitleef.

Verskeidenheid persone:
Die verskeidenheid mense herinner daaraan dat elke gelowige ’n unieke plek en bydrae het. Dit sluit aan by die week se klem op verskillende gawes, maar dieselfde Gees en een liggaam.

Lanterns:
Elke persoon dra lig, maar die ligte vorm saam ’n groter verligte pad. Dit simboliseer hoe gelowiges saam God se lig dra en mekaar se lig versterk. Die getuienis is nie net die optrede van een individu nie, maar word sigbaar in die gemeenskap.

Pad:
Die pad beeld die voortgaande geloofslewe uit. Die groep is nie bloot saam op een plek nie; hulle word saam gestuur en beweeg doelgerig die wêreld in.

Kruis:
Die kruis is die uiteindelike rigting en middelpunt van die geloofsgemeenskap se lewe. Hulle missie begin nie by hulleself nie, maar by Christus, aan wie hulle behoort en onder wie se heerskappy hulle saam leef en dien.

Stad & wêreldkaart:
Die stad, asook wêreldkaart, verteenwoordig die konkrete wêreld en gemeenskap waarbinne gelowiges leef en getuig. Die missie word nie slegs binne die kerk uitgeleef nie, maar in die gemeenskap en wêreld waarin God hulle geplaas het.

Bybel:
Die oop Bybel op die voorgrond herinner dat die gemeenskap se identiteit, eenheid en sending deur God se Woord gevorm word.

Lig van horison:
Die goue lig verbind die groep, die stad en die kruis. Dit simboliseer Christus as bron van die lig wat die kerk dra en die hoopvolle getuienis wat deur die gemeenskap na buite sigbaar word.

Opsommend:
God roep ons nie om elkeen alleen sy missie te probeer uitvoer nie. Hy vorm ons tot één liggaam, met verskillende gawes, wat in liefde en eenheid saam leef, saam groei en saam gestuur word om Christus se lig in die wêreld te dra.

Friday, 21 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Vrydag)

3.4.5 Laat die nasies U loof, o God ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien) 

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.5 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 5: Laat die nasies U loof, o God – dis die hart van God se missie.

Lees: Ps. 67:1–8 


Oordink: 
Hoe getuig my daaglikse lewe daarvan dat ek God se eer onder alle nasies begeer? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Thursday, 20 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Donderdag)

3.4.4 God bring alles in die hemel en op aarde ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 4: God bring alles in die hemel en op aarde onder een hoof – Christus. 

Lees: Ef. 1:9–12 


Oordink: 
Sien en beleef mense rondom my dat Jesus oor en in my lewe heers? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Wednesday, 19 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Woensdag)

3.4.3 God maak alles nuut ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 3: God maak alles nuut – sy plan eindig in heelheid en vernuwing.

Lees: Open. 21:1–5 


Oordink: 
Hoe beïnvloed die belofte van ’n nuwe hemel en aarde jou daaglikse lewe en ingesteldheid – of het ons/jy die aktiewe wederkoms-verwagting van vroeë gelowiges ‘verloor’?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou