Showing posts with label Gesondheid. Show all posts
Showing posts with label Gesondheid. Show all posts

Tuesday, 19 May 2026

Mandjie Hoop: Tel jou seëninge

Jy tel eerstens jou seëninge
en nie jou verliese nie, sê die Here. 
Selfs in jou donkerste nag, 
is jou seëninge steeds baie meer as jou verliese. 
Selfs al het jy alle aardse goed verloor, 
het jy nog vir My, sê die Here. 
Ek is jou grootse Bate en Rykdom. 
Die aardse goed gaan verby, 
maar Ek bly vir ewig by jou. 
Tel jou seëninge. 
Sien jou gesondheid raak. 
Wat van jou kosbare familie en vriende? 
Het jy nog oë om te kan sien? 
Kan jy nog hoor? 
Het jy nog jou twee bene om mee te loop? 
Kan jy nog jou longe vol vars lug trek? 
Daarom lewe jy ‘n lewe van intense genade!

[Aangestuur]

Friday, 11 July 2025

Wat is Genade?

Genade is om gebore te word. 
Genade is om deur Sy wil op aarde te wees. 
Genade is om elke oggend wakker te word
en na 'n moeilike dag in die bed te kan klim. 
Genade is om kos op jou bord te kan hê 
en dankbaar te wees daarvoor. 
Genade is om elke oggend jou kop soos 'n gousblom na die son te draai 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag. 
Genade is om elke aand soos 'n daglelie toe te maak 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag wat verby is. 
Genade is om gesond te wees. 
Genade is om te vertrou as jy siek word. 
Genade is om dankie te sê elke keer as daar water in jou kraan is 
en elke druppel reën wat val. 
Genade is om jou kleinkinders te sien grootword 
en jou mond te hou as hulle moeilik is. 
Genade is om lief te wees 
en liefgehê te word. 
Genade is om oud te word 
en te wonder waar is my lewe heen. 
Genade is om dankbaar te wees dat jy jou Skepper ken. 
Genade is om 'n werk te hê al is jy so moeg jy wil omval. 
Genade is die grootste geskenk wat jy kan hê. 
Genade is om aan te gaan al lyk die pad vorentoe donker. 
Genade is algehele vertroue op jou Skepper. 
Sy Genade is vir jou genoeg! 
Wees dankbaar! Vir Alles!
Genade onbeskryflik groot!