Showing posts with label Jesus. Show all posts
Showing posts with label Jesus. Show all posts

Sunday, 21 September 2025

BRIEFIE VAN JESUS

My dierbare Vriend

Hoe gaan dit met jou? Ek móét net hierdie briefie aan jou skryf om jou te vertel hóé baie ek vir jou omgee ...
Ek het gister gesien hoe jy met jou vriende gesels en het die hele dag gewag in die hoop dat jy ook met My sal gesels ...

Ek het aan jou 'n sonsondergang gegee om jou dag mee af te sluit, en 'n koel briesie om jou te verfris, en gewag ... maar jy het nie gekom nie. Dit het My díép seergemaak, maar ek hét jou nog steeds lief, want jý is Mý vriend.

Ek het jou laasnag sien slaap en wou graag jou voorkop streel, toe laat ek maar die maan se strale oor jou gesig speel; wéér het ek gewag ... gereed om my na jou te haas sodat ons lekker kon gesels. My trane was in die reën.

As jy maar net wil luister. Ek het jou só ontsettend baie lief. Ek probeer om dit aan jou te vertel in die blou lug en in die stil, groen gras; ek fluister dit in die blare van die bome en adem dit uit in die kleure van die blomme, roep dit jou toe in die gekabbel van die bergstrome en gee aan die voëltjies liefdesliedjies om vir jou te sing.

Ek klee jou met die koesterende sonskyn en sprei die aangename geure van die natuur oor jou uit. My liefde vir jou is díéper as die díépste oseaan, en gróter as die grootste begeerte in jou hart.

Vrá na my? Práát met my? Moet my ásseblief nie ignoreer of vergeet nie? Ek het só baie om met jou te deel!!
Ek sal jou nie verder pla nie ... dis jóú besluit of jy 'n plekkie in jou hart aan My wil afstaan ... Ek het vir jóú gekies en ek sal áltyd op jou wag - want ek het jou innig lief en sal jou vir ewig liefhê!

Jou vriend
JESUS

[Dankie, Rosetta]

Sunday, 3 August 2025

Wie is Jesus?

• Vir die juwelier is Hy die Kosbare pêrel. 
• Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe.
• Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë.
• Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer.
• Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat.
• Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Velde.
• Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap.
• Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots.
• Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie.
• Vir die advokaat is Hy die Voorspraak.
• Vir die prisonier is Hy die Verlosser.
• Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water.
• Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok.
• Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder.
• Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester.
• Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie.
• Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self.
• Vir die treurende is Hy die Trooster.
• Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede.
• Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee.
• Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
Vir elkeen van ons is Hy die Ewige Lewe!!

Friday, 18 April 2025

He chose love


He knew.
And still, He chose love.
 
He knew one would betray,
another would deny,
the rest would scatter.
But still -
He stayed.

He broke bread with them.
He washed their feet.
He called them “friends.”

He stayed when He could have walked away.
He served when He could have withdrawn.
He spoke peace in a room full of hearts that would soon falter.

Because grace,
was never about their faithfulness—
but His.

And that night,
in the quiet breaking of bread,
He showed them what mercy looked like.

In that upper room,
grace whispered louder than failure ever could.

Not in thunder.
Not in judgment.
But in staying.

[Dankie, Marguerite, vir die aanstuur. Waardeer dit opreg.]  

Monday, 22 July 2024

Wie is Jesus?

° Vir die juwelier is Hy die Kosbare Pêrel ...
° Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe ...
° Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë ...
° Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer ...
° Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat ...
° Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Dale ...
° Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap ...
° Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots ...
° Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie ...
° Vir die advokaat is Hy die Voorspraak ...
° Vir die prisonier is Hy die Verlosser ...
° Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water ...
° Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok ...
° Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder ...
° Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester ...
° Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie ..
° Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self ..
° Vir die treurende is Hy die Trooster ...
° Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede ...
° Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee ...
° Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem ...

[Dankie, Anoniem!]