Showing posts with label Blydskap. Show all posts
Showing posts with label Blydskap. Show all posts

Thursday, 20 November 2025

Ek LEWE in GENADE

Ons swem in die seën van God,
swem in voorspoed,
swem in geluk en blydskap en
swem in die liefde van ons Almagtige Vader!
Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien!
Somtyds is dit selfs nodig dat ons so ‘n tydjie afknyp om God te dank daarvoor.
Wees jy nou die klein vissie en gaan vertel jou vriende waarmee God jou VANDAG geseën het!
Ek het vandag ‘n werk, kos, klere, gesondheid, ‘n dak oor my kop, familie, vriende en ek ervaar liefde.

Ja, ek LEWE in GENADE!!

Thursday, 16 January 2025

n Rede tot blydskap

Elke nuwe dag wat GOD sy kinders gee, is 'n rede tot blydskap. 'n Dag wat ons voluit kan geniet en die dinge kan doen wat ons graag wil. Nie een van ons weet hoeveel lewensdae ons nog oorhet nie.

Ook weet jy nie hoeveel môres daar nog vir jou voorlê nie.

Maar jy het wel vandag waarvan jy seker is. Maak spesiaal tyd om vandag maksimaal te benut. Moet niks tot môre uitstel wat jy vandag kan doen nie. As jy iets wil doen, doen dit vandag. Sê jy is jammer, wys nou jy is lief vir iemand. As jy rusie gemaak het, maak nou reg. Moenie tyd mors nie.

Wednesday, 30 October 2024

Oggendgebed vanne plaasklong

Ek kyk met my hart byrie venster yt
hoevil dankies sil ek vemore
voor God se voete ga lê

My blydskap ko va U af my God
U wat hierie hemel op are
vi my ko gee het
sonner lat ek da voor gevra het
nog minner vi dit gebid’ it
het U my die heerser da van gemaak

Daarom skenk ek vemore
my hele self aan U solat die mense
ka sien lat ek u se kjend is
lat u my met U se liefde
aangetrek het

Amen en amen again en again.
 
Andy Paulse

[Bron: Snuffelgids 9 Maart 2014 - SA Gemeente Loughton]

Sunday, 20 November 2022

Eendag, lank lank gelede ...


... was daar 'n eiland waar gevoelens gebly het: Blydskap, Hartseer, Kennis, Liefde, ens.

Op 'n dag word daar aangekondig dat die eiland gaan sink.

Inderdaad het almal bote reggekry om te vlug.  Almal, behalwe Liefde. Sy het daar gebly tot die einde. Toe sy sien die eiland sink regtig, het sy besluit sy kort hulp. Sy vra vir Rykdom om haar op te laai, maar Rykdom antwoord: "Nee jammer, ek het te veel goud en silwer - ek het nie plek vir jou nie.

Liefde vra toe vir Ydelheid en dié antwoord: "Jammer, jy's al sopnat en gaan my boot beskadig." Liefde vra toe vir Hartseer en Hartseer antwoord: "Ag, Liefde, ek is soooo hartseer. Ek wil net op my eie wees. Jammer!" Blydskap kom verby en is so vrolik dat hy nie eens Liefde se krete hoor nie!! Skielik was daar 'n sagte stem agter Liefde wat sê dat hy haar sal help. Liefde is so bly dat sy vergeet om sy naam te vra en toe hulle aan wal stap, het die pragtige kalm stem verdwyn. Liefde vra vir Kennis wie haar gehelp het?? En kennis antwoord: "Dit is Tyd." Liefde vra verbaas ... Tyd? Hoekom het Tyd my gehelp??" 

Omdat slegs TYD in staat is om ons te laat besef hoe belangrik LIEFDE werlik is ...