Sunday 20 November 2022

Eendag, lank lank gelede ...


... was daar 'n eiland waar gevoelens gebly het: Blydskap, Hartseer, Kennis, Liefde, ens.

Op 'n dag word daar aangekondig dat die eiland gaan sink.

Inderdaad het almal bote reggekry om te vlug.  Almal, behalwe Liefde. Sy het daar gebly tot die einde. Toe sy sien die eiland sink regtig, het sy besluit sy kort hulp. Sy vra vir Rykdom om haar op te laai, maar Rykdom antwoord: "Nee jammer, ek het te veel goud en silwer - ek het nie plek vir jou nie.

Liefde vra toe vir Ydelheid en dié antwoord: "Jammer, jy's al sopnat en gaan my boot beskadig." Liefde vra toe vir Hartseer en Hartseer antwoord: "Ag, Liefde, ek is soooo hartseer. Ek wil net op my eie wees. Jammer!" Blydskap kom verby en is so vrolik dat hy nie eens Liefde se krete hoor nie!! Skielik was daar 'n sagte stem agter Liefde wat sê dat hy haar sal help. Liefde is so bly dat sy vergeet om sy naam te vra en toe hulle aan wal stap, het die pragtige kalm stem verdwyn. Liefde vra vir Kennis wie haar gehelp het?? En kennis antwoord: "Dit is Tyd." Liefde vra verbaas ... Tyd? Hoekom het Tyd my gehelp??" 

Omdat slegs TYD in staat is om ons te laat besef hoe belangrik LIEFDE werlik is ...