Saturday 19 November 2022

Mag jy altyd …

... genoeg GEDULD hê
om jou dierbaar te maak

... genoeg VERDRIET hê
om jou menslik te maak

... genoeg HOOP hê
om jou gelukkig te maak

... genoeg TERUGSLAE hê
om jou nederig te maak

... genoeg VRIENDE hê
om jou te troos

... genoeg VERDIENSTE hê
om jou gemaklik te laat lewe

... genoeg GEESDRIF hê
om jou na die dag
van môre te laat uitsien

... genoeg GELOOF hê
om jou swartgalligheid
af te weer

... genoeg WILSKRAG hê
om elke dag ‘n beter
dag as gister te maak.

Amen