Friday 11 November 2022

My vingerafdrukke


Here Jesus, oral waar ek gaan
laat ek vingerafdrukke na.
Op die hande wat ek aanraak,
op borde, mure en boeke.
Daar is nie wegkomkans nie,
waar ek vat,
los ek 'n teken van my identiteit.

Help my Here,
om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat ...
Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,
van begrip en liefde,
van barmhartigheid en belangstelling.
Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid
en van opregte betrokkenheid.
Mag my hart 'n ander hart aanraak
en 'n afdruk van U liefde laat.
En as iemand sou sê: "Jou aanraking het my vandag versterk",
laat hulle agterbly met die wete dat dit U liefde was wat hul in my ervaar het