Saturday 12 November 2022

Dit laat 'n mens dink ...


Ek het nie regtig ‘n saak met wát ander mense doen nie.
Ek respekteer hulle privaatheid ...
maar nou wonder ek sommer net ... 
oor hul status op my WhatsApp ...

1.  Iemand se status sê: "Sleeping"
 maar dis nou al vir 21 dae ...!
 Is hy nie al oorlede nie ...?

2. 'n Ander s’n lees nou al vir 30 dae: "Driving"
Hy is seker nou al in Kairo ...? 

3.  Sommiges is nou al vir 3 maande: "Happy" 
Wens ek het geweet in watter paradys woon hulle ...?

4.  Ander is heeltyd: "Available" 
Sjoe, ek wens ek het soveel vrye tyd gehad ... 
Ek wonder altyd waarvoor hulle "available" is ...? 

5.  Party sê: "Urgent Calls Only"  
Heng ...!
Werk julle vir die nooddienste ...?

6.  Sommiges sê nog heeltyd:
"Hi there, I am using Whatsapp"...  
Uhm, 
Hallooooo, ek dink ons almal weet dit ...!

7.  Dan is daar dié wat sê:
"Can't talk now, Whatsapp only." 
Vriend, daar is dan  'n probleem met jou foon,
want as jy hom nie vir sy primêre doel kan gebruik nie,
smyt hom dan eerder weg en kry 'n ander een!

8.  Dan is daar diegene wat al sowat 72 maande 
"At the gym" is!  
Sjoe!!!!
Ek wonder hoe lyk hulle teen hierdie tyd ...? 

9.  Heel laaste is daar ander wat al vir 9 maande:
“In a meeting" is
Jinne, probeer julle nou SA aan die Guptas verkoop of wat?