Tuesday 8 November 2022

Wat is liefde?

Liefde is nie wat jy kan kry nie,
maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie,
maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag, nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie,
nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is omgee, nie misbruik nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees
en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee,
nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye,
nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe,
nog voor iemand jou seer gemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring
wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee
vir dië wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie,
maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk
al het jy niks om iemand te bied nie.
Maar jy het die liefde wat geld nie kan koop nie.