Showing posts with label Huisbesoek. Show all posts
Showing posts with label Huisbesoek. Show all posts

Monday, 4 May 2026

Nooit alleen nie: Ek sal rustig wees, want ...

* Ek aanvaar die MIDDELE waardeur God my wil help. Daarom sal ek die dokter, verpleegsters en behandeling sien as instrumente in die hand van die Here. Ek sal SAAMWERK so ver as moontlik.

* Ek aanvaar die TYD waarop God my wil genees. Hy is my alwyse en liefdevolle Vader wat weet wat die beste vir my is, en wat die beste vir my wil doen.

* Ek aanvaar die WEG waarlangs die Here my lei. As Hy my genees, sal dit vir my 'n wonderwerk wees - of Hy middele gebruik of nie; of dit gou is of nie.   

Ek aanvaar dat God nooit sy kind in die steek laat nie. Ek sal seker maak dat ek sy kind is, sodat ek ook kan weet: "Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie." Hebr. 13:5.

"Wees nie bevrees nie, want Ek is by jou." Jes. 43:5.

Die kerk staan by jou ...

Siekte raak nie net ons liggaam nie - dit het ook 'n invloed op ons gees. Ons gees het egter ook 'n invloed op ons liggaam.

Daarom wil die kerk met jou saamleef in tye van siekwees. Ons sal saamwerk en bid vir die versterking van jou gees en die genesing van jou liggaam. 

Mag jy ondervind dat hierdie tyd nie verlore tyd is nie, maar dat dit blywende resultate lewer.

INDIEN JY 'N BEHOEFTE HET AAN HUIS-, HOSPITAAL- 
OF SIEKEBESOEK, SKAKEL ASB DIREK VIR 
DS. ENSLIN BY 079 522 9680.

Monday, 2 February 2026

Nooit alleen nie: Ek sal sterk wees, want ...

* Ek het 'n bron van krag wat altyd genoegsaam is: "Die Here is my lig en my heil, vir wie sal ek vrees?" Ps. 27:1
* Ek is hier op Gods bestelling en in sy bewaring: "Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom en Hy sal dit uitvoer." Ps. 37:5

* Ek is hier in die Skool van Christus en sal met 'n gewillige hart luister en leer: "Neem my juk op julle en LEER van my, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal RUS vind vir julle siele."  
Mat. 11:29 

* Ook my liggaam behoort aan die Here en is vir Hom van groot waarde: "Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort." 1 Kor. 6:20

Die kerk staan by jou ...

Siekte raak nie net ons liggaam nie - dit het ook 'n invloed op ons gees. Ons gees het egter ook 'n invloed op ons liggaam.

Daarom wil die kerk met jou saamleef in tye van siekwees. Ons sal saamwerk en bid vir die versterking van jou gees en die genesing van jou liggaam. 

Mag jy ondervind dat hierdie tyd nie verlore tyd is nie, maar dat dit blywende resultate lewer.

INDIEN JY 'N BEHOEFTE HET AAN HUIS-, HOSPITAAL- 
OF SIEKEBESOEK, SKAKEL ASB DIREK VIR 
DS. ENSLIN BY 079 522 9680.

Saturday, 28 September 2024

Kerkgenotjies: Die tweeling

Die predikant op Carnavon het huisbesoek gaan doen by 'n huisgesin waar die ouers 'n identiese tweeling het. Alhoewel die mannetjies identies gelyk het, het hul persoonlikhede soos dag en nag van mekaar verskil. Klein Juan was 'n rustige outjie, maar klein Karl was 'n mannetjie wat baie lief daarvoor was om vir almal poetse te bak ... 'n besige kind wat nie die woord stilsit in sy woordeskat het nie.  

Tydens die huisbesoek het donimee dan ook verneem of die seuns darem in die aande voor hulle gaan slaap hul dag afsluit met 'n gebedjie, waarop Mamma bevestig dat dit wel die geval is.

Klein Juan het aangebied om vir dominee sy vaardighede met sy gebedjie te illustreer en hy trek sommer dadelik weg: "Liewe Jesus, baie dankie vir my mammie en pappie en die kos wat ek elke dag eet. Maak asseblief my boetie 'n soet seun, want hy is party dae baie stout! Amen."

Klein Karl het tjoepstil na sy boetie se gebed gesit en luister, waarop hy as volg reageer het: "Liewe Jesus, baie dankie vir my mammie en pappie en die kos wat ek elke dag eet. Sorg asseblief dat my boetie gestraf word, want hy skinder van my by jou!"

Saturday, 8 June 2019

Kontak ds. Enslin

Indien u 'n behoefte het aan huis-, hospitaal- of siekebesoek moet u asseblief direk vir ds. Enslin skakel by 079 522 9680.

Indien daar enige volwassenes is wat graag belydenis van geloof wil aflê ten einde 'n belydende lidmaat van die gemeente te word, kontak asb. vir ds. Enslin by bogenoemde nommer.

Friday, 21 December 2018

Die poskaart met 'n uitnodiging ...

Agterkant van poskaart
Poskaarte is by die deure van die kerk uitgedeel om met die nuwe intrekkers kennis te maak. Op 'n stadium was dit die gebruik dat nuwe intrekkers by iemand se huis in die wyk waar hulle woonagtig is, bymekaar kom en sommer so die ander wykslede ook ontmoet.

Let biejie op na die telefoonnommer op die poskaart. 
Voorkant van poskaart