Showing posts with label Coen Visser. Show all posts
Showing posts with label Coen Visser. Show all posts
Saturday, 1 August 2026
Wednesday, 17 June 2026
Uitreik: God is getrou
In Augustus 1917 is hy onder hewige bombardemente in die been gewond, so erg dat sy linkervoet aan 'n draad gehang het toe hy by die noodhulpstasie kom. "Gee daardie voet 'n kans, dokter," het hy gesê voordat hy die chloroform geneem het. En, toe hy later weer bykom, was die voet nog daar.
Twee dae later, by die Algemene Hospitaal in Rouen, sê die dokter vir hom: "Ek kan jou voet laat bly, maar jy mag bloedvergiftiging opdoen, en dit kan noodlottige gevolge hê. Of ek kan die voet afsit, en jy sal heeltemal goed vorder.Laat my môreoggend weet wat jou besluit is."
Hy het die dokter bedank vir sy openhartigheid; en die saak verder in gebed aan die Here opgedra. Later in die dag neem hy sy Daily Light om 'n stukkie daaruit te lees, en toe hy die boekie oopslaan by 10 Oktober, lees hy: "Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal ou voet bewaar vir die strik."(Spreuke 3:26).
Dit was genoeg! Hy het die boek toegemaak en God gedank vir 'n Verlosser en vir 'n Woord wat soos 'n lig op ons pad is.
Vandag het hy nog sy linkervoet en is ook nog aan die leër verbonde. Maar wat meer is, hy getuig nog steeds van sy wonderlike Verlosser en van die wyse waarop sy voet behoue gebly het.
* Lees gerus HIER van nog wedervaringe van Lt. Gen. Sir Arthur Smith
[Bron: Uit die Getuienis van Lt. Gen. Sir Arthur Smith]
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.Friday, 12 June 2026
Uitreik: Wat moet ons doen?
Ons moet mekaar liefhê
met die Liefde wat God vir ons gee.
Ons moet mekaar vergewe
soos God ons vergewe.
Ons moet vir mekaar bid,
sodat God ons kan beskerm
teen die gevaar dáárbuite.
Ons moet die Woord deel
met hulle wat ons pad vandag kruis.
Labels:
Beskerming,
Bid,
Coen Visser,
Evangelie,
Getuienis,
Liefde,
Straatuitreik,
Uitreik,
Vergewe,
Vergifnis,
Voetspore
Thursday, 11 June 2026
Uitreik: Plakkerskind
Ek deel 'n kamer met my pa, ma en boeties
die ryk mense noem ons die wit plakkerskamp
met hul groot karre bring hul pakke kos en klere
altyd mooi aangetrek en baie vriendelik
staan dan in 'n ry en wag ons beurt af
ons kinders sal opgewonde aan mekaar stamp.
Pappa kry nie werk nie
en mamma huil as ons slaap
dan dink ek aan die tannie
met die mooi klere
huil sy ook
is haar seuntjie ook af en toe honger
speel hy ook met plastiek gewere
ek hoor baie die woord "Armoede"
seker ons bont klere en sinkplaathuisies
daar is dae wanneer ons lekker speel en lag
dan vergeet ek van die mooi, ryk tannie
tot op ‘n dag wanneer almal uit hul huisies skarrel en bondel.
Nou gaan ons weer in 'n lang ry wag
ek is hier gebore, en dit is al wat ek ken
hier is 'n hondjie
maar is almal se hond
by my is sy naam Jasper
ander roep hom anders.
My voete is kaal en vuil
want dit het my skoene gewen
ek is baie lief vir my twee boeties
al maak ons mekaar seer
pappa en mamma het ook vir ons baie van JESUS se LIEFDE geleer.
@tertius
[Geleen op FB]
Getuienis-uitreik:
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir inligting.
die ryk mense noem ons die wit plakkerskamp
met hul groot karre bring hul pakke kos en klere
altyd mooi aangetrek en baie vriendelik
staan dan in 'n ry en wag ons beurt af
ons kinders sal opgewonde aan mekaar stamp.
Pappa kry nie werk nie
en mamma huil as ons slaap
dan dink ek aan die tannie
met die mooi klere
huil sy ook
is haar seuntjie ook af en toe honger
speel hy ook met plastiek gewere
ek hoor baie die woord "Armoede"
seker ons bont klere en sinkplaathuisies
daar is dae wanneer ons lekker speel en lag
dan vergeet ek van die mooi, ryk tannie
tot op ‘n dag wanneer almal uit hul huisies skarrel en bondel.
Nou gaan ons weer in 'n lang ry wag
ek is hier gebore, en dit is al wat ek ken
hier is 'n hondjie
maar is almal se hond
by my is sy naam Jasper
ander roep hom anders.
My voete is kaal en vuil
want dit het my skoene gewen
ek is baie lief vir my twee boeties
al maak ons mekaar seer
pappa en mamma het ook vir ons baie van JESUS se LIEFDE geleer.
@tertius
[Geleen op FB]
Getuienis-uitreik:
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir inligting.
Thursday, 26 March 2026
Uitreik: Enigste hoop vir die toekoms
In hoofstuk 1:16 skryf Paulus aan die Romeine: "Ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek."
In Paulus se dae het die Grieke meer in poësie en filosofie belanggestel as in iets anders. Dié soort godsdiens wat hulle maklik kon aanvaar, was "verlossing deur kennis," omdat hulle gehou het van enigiets wat met wysheid te doene gehad het. Toe Paulus dus gespreek het oor verlossing deur geloof in Jesus Christus wat gekruisig is, het die Grieke hom vir 'n dwaas aangesien.
Die Jode daarenteen, het belanggestel in die leerstelling van die "verlossing deur werke." Hulle het gedink dat hulle as uitverkore volk gered sou word deur die formele nakoming van die tien gebooie en seremoniële wette. Toe Paulus hulle op die dwaling wys en dit beklemtoon dat hulle slegs deur geloof in Jesus Christus gered kon word, het hulle hom gehaat. Vir hulle was die evangelie 'n struikelblok.
Daar is vandag nog 'n groep mense wat soos die Grieke van destyds bloot belangstel in die sogenaamde wetenskap, en die filosofie aanhang wat God ignoreer. Daar is hulle wat liewer die evolusieleer ondersteun en grade toeken aan mense omdat hulle sulke leuens glo, as om God as Skepper te erken en te gehoorsaam. Hulle verag die Kruis-evangelie en beskou die Christelike geloof as dwaasheid.
'n Ander groep glo dat Jesus Christus 'n geskiedkundige persoon en profeet was, maar omdat hulle gemaklik wil lewe en die wêreldse dinge wil geniet, weier hulle om Hom as Verlosser aan te neem.
Daar is ook diegene wat 'n hekel het in mense wat die waarheid van die evangelie aan hulle wil openbaar, omdat dit hulle rus verstoor. Die evangelie is vir hulle 'n struikelblok.
Tog bly die evangelie die enigste hoop in die deurmekaar wêreld en vir die toekoms.
Ons is die draers van die Evangelie en as ek nie 'n aktiewe dissipel is nie, hoe gaan hierdie verlossingsboodskap by my familie, my buurman en my medemens uitkom nie.
Daar is nie meer tyd om te sit en wag vir ander om dit te doen nie - die tyd is min!
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
[The Railway Messenger July 1985 - Tekens van die tye]
Thursday, 12 March 2026
Uitreik: 'n Treffende preek
In Nu-Mexiko loop die spoorlyn deur talle Indiaanse nedersettings, en by elke stasie word die treine oorval deur Indiane wat hulle produkte te koop aanbied.
Terwyl 'n paar passasiers besig was om die ware van 'n Indiaanse meisie te koop, het iemand skertsend opgemerk: "Toeriste word oral berowe. Maak julle klaar om bedroë daarvan af te kom."
"Ek bedrieg niemand nie," het die meisie geprotesteer. "Ek maak self hierdie mandjies, en dit neem my baie dae om hulle klaar te kry."
"Toemaar," het die persoon ongeërg voortgegaan, "almal sê dieselfde. En waarom sal julle ook nie kul nie? Ek sou dieselfde gedoen het as ek in julle plek was."
Sonder aarseling het die meisie se antwoord gekom: "'Wat sal dit 'n mens baat as jy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?' Dit is wat ons in die Sendingskool geleer het, en ek sal nie lieg nie, al moet ek ook honger ly."
"Dit was nie 'n lang preek nie, maar dit het getref," was die kondukteur se opmerking toe die trein uit die stasie beweeg.
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
Tuesday, 24 February 2026
Uitreik: Die eerste in twintig jaar
Een koue wintersaand (so verhaal dr. Cuyler) het ek my eerste besoek afgelê by 'n ryk koopman in New York. Toe ek by die voordeur uitgaan en 'n snerpende windjie daar inwaai, sê ek: "Wat 'n vreeslike nag vir die armes!"
Die man het teruggegaan en bring my toe 'n rol banknote met die woorde: "Gee tog asseblief hierdie geld aan die armes wat u ken."
'n Paar dae later het ek aan hom 'n dankie sê-brief geskryf namens die dankbare armes wat deur sy milddadigheid gehelp is. "Hoe kom dit tog," het ek daarby gevoeg, "dat 'n man wat so vriendelik teenoor sy medemens kan wees, tog altyd so onvriendelik is jeens sy Saligmaker, deur Hom sy hart te weier?"
Hierdie vraag het hom diep in sy binneste getref. Hy het vir my 'n boodskap gestuur om hom te kom spreek, en dit was nie lank nie, of hy het hom aan Christus oorgegee. Van toe af was hy 'n baie nuttige en entoesiatiese Christen gewees. Skokkend was egter die feit dat hy vir my vertel het dat ek die eerste persoon was die afgelope 20 jaar wat met hom oor sy siel gepraat het.
[Dr. Theodore Ledyard Cuyler (1822-1909) uit Die Wekker]
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
Monday, 9 February 2026
Uitreik: Kom net soos jy is ...
'n Bekende filmbaas het eendag 'n bedelaar op straat raakgeloop, en omdat hy gedink het dat die man besonder geskik sou wees vir filmdoeleindes, het hy vir hom geld gegee en aangesê om vir diens by die ateljee aan te meld.
Toe die bedelaar op die bepaalde tyd sy verskyning maak, was hy skaars herkenbaar. Hy was geskeer, en sy hare netjies geknip vir sy nuwe loopbaan. Tot sy teleurstelling moes hy egter verneem: "Ek is jammer maar ek kan jou nou nie meer gebruik nie."
Baie mense doen dieselfde met betrekking tot hul saligheid. Hulle wil hulself eers verbeter, terwyl die Here Jesus gekom het om sondaars te red. Die Here wil hê dat jy kom net soos jy is ...
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
Sunday, 23 November 2025
Belydenisaflegging 2025 (Deel 1)
Aangesien julle die kerkraad oortuig het van julle genoegsame kennis van die Bybel en van die leer van die kerk en van julle persoonlike geloofsvertroue, het die kerkraad met blydskap toestemming verleen dat julle in die openbaar julle geloofsbelydenis mag aflê en so toegang kry tot die nagmaal. Daarom versoek ek julle om voor God en sy gemeente op die volgende vrae opreg te antwoord:

Ten eerste: Glo jy dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die artikels van die Christelike geloof vervat is en in die kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is?
Ten tweede: Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy genade in die beiydenis van die leer tot die einde van jou lewe te volhard, en alle Ieringe wat daarvan afwyk, te verwerp?
Ten derde: Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is en dat jy Hom liefhet? Beloof jy om Hom te dien, sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?
Ten slotte: Beloof jy dat jy jou onderwerp aan die kerklike opsig en tug?
Foto's: Ds. Ensie EnslinSaturday, 8 November 2025
Tell the nation!!
Tydens een van hulle plasings het hulle Greenpoint as tema opgesit. Ek het by die plasing aangesluit en vertel hoe ek al baie lank bid vir 'n tent-evangelisasiegeleentheid in Greenpoint.
Iemand anders, Hannelize Neethling, wat ook laasjaar se Firecamp opleiding van Christ for all Nations bygewoon het, skakel my toe en sê dat sy deel van Tell the Nations is en sy ken 'n evangelis hier in Kimberley wat 'n tent en die volle uitrusting vir so 'n tent-uitreik het.
Ons vergader toe: André Smith, die evangelis, Hannelize en ek. Ons beplan toe die geleentheid vir die week van 24 tot 28 November 2025.
Opsluit skakel ek toe die AGS-pastoor in Greenpoint, pastoor Kammies, met sy sinkgeboukerkie, en betrek hom by die nasorg van bekeerlinge uit die tentbediening.
Verlede Saterdag trek ons span toe bymekaar om die woongebied bewus te maak van die crusade ...
Hierdie pamflet word deur die hele gebied versprei.
Paul en Hannelize het vir ons 'n 1000 pamflette laat druk as 'n skenking.
Paul het gereël vir skenkings om die terrein voor te berei vir die tent wat 400 mense kan huisves. NG Dutoitspan, Tell the Nations, die Presbiteriaanse Kerk en AGS Greenpoint het hande gevat in hierdie geloofsprojek.

Die span wat die eerste uitreiktreë gegee het!
Die terugvoer na hierdie uitreik, het almal getuig van 'n groot nood onder die inwoners en 'n honger na verandering.
Vandag was ons weer daar om advertensiepamflette en traktaatjies uit te deel van huis tot huis en dringende behoeftes te bedien.
Mense het Jesus aangeneem, genesing en bevryding beleef en van 'n algemene honger na herstel en herlewing getuig.

Vandag se span!
Dries Delport, evangelis van Boshof, het vir ons 'n groot skenking van Johannes Evangelie-traktate geskenk wat ons onder die inwoners uitdeel. Ook in hierdie behoefte het ons Hemelse Vader voorsiening gemaak.
Weer het ons 'n honger van herstel en algemene dankbaarheid onder die mense beleef.
Ons sien met groot opgewondenheid uit na die geleentheid en glo dat baie baie mense gered en verlos gaan word van verslawing aan drank en dwelms.
Ons bid en glo dat God oorwinning en herstel gaan bring vir die woongebied!
"Watch this space!"
[Dankie, Coen Visser, vir hierdie kosbare inligting en foto's. Hou asb. ons lesers op hoogte van die vordering. Mag hierdie genadeprojek uit sy nate bars.]
Friday, 1 August 2025
Monday, 9 June 2025
Handevatprojek: Terugvoering
Coen Visser het vanoggend saam met dr. Herman Steyn van Fichardtpark-gemeente (Bloemfontein) die !Xun Alfa Kerk-gemeente besoek sodat hy kan terugvoer gee oor die werk wat Dutoitspan twee jaar gelede onderneem het om vir hulle te doen.
Natuurlik sou die oefening nutteloos wees sonder om erkenning aan Rinus Slabbert te gee wat grotendeels die werk georganiseer, uitgevoer en befonds het. 'n Foto van Rinus is tydens die besoek voor in die kerk geplaas, omdat hy Donderdagnag onverwags oorlede is.
Natuurlik sou die oefening nutteloos wees sonder om erkenning aan Rinus Slabbert te gee wat grotendeels die werk georganiseer, uitgevoer en befonds het. 'n Foto van Rinus is tydens die besoek voor in die kerk geplaas, omdat hy Donderdagnag onverwags oorlede is.
Hierdie slegte nuus het die gemeentelede van die !Xun-kerk diep geskok, aangesien hulle vir weke skouer aan skouer met Rinus gewerk het tydens die herstel van die vloer. Hulle het onmiddellik gevra dat hulle ook by die roudiens teenwoordig wil wees. Hulle wil ook die foto van Rinus raam en in hulle kerk ophang as 'n blyk van respek en waardering.
Foto's & inligting: Coen Visser
Thursday, 3 April 2025
Platfonteinnuus: Die A-span is 'n wenspan
Dankie klink na só 'n klein woordjie vir so 'n groot taak.
[Foto: Coen Visser]
Tuesday, 1 April 2025
'n Handevatprojek word 'n genade-werklikheid
Coen Visser: "Ons het vandag klaargemaak met Xhun Alfa se vloer. Die koste was sowat R72 000. Eer aan die Here wat ons daartoe in staat gestel het en groot dank aan ons boukontrakteur, Rinus Slabbert en die span Xhun-manne wat elke dag hard gewerk het."
Wednesday, 26 March 2025
Handevatprojek - !XUN ALFA-gemeente (vordering)
Die werk aan !XUN ALFA-gemeente se kerkvloer vorder en dit is vir ons aangenaam om te kan sê dat teen gistermiddag 5 blokke van die vloer reeds voltooi is. Dankie aan elkeen wat op welke wyse hierdie handevatprojek moontlik maak.
Foto: Coen Visser
[Klik HIER om na die beginfoto's wat op 11 Maart geplaas is, te kyk.]
Wednesday, 12 March 2025
Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente - 'n suksesverhaal
DANKIE aan elkeen wat op die advertensie gereageer het, asook elke Sondag se afkondiging! Julle het die handevatprojek werklikheid gemaak.
Tuesday, 11 March 2025
Die Getuienis Diensgroep in aksie
Die Getuienis Diensgroep het laat in verlede jaar begin om Sondae-oggende na kerk uit te gaan strate toe om mense te bereik met die evangelie.
Kort daarna het die Firecamp-weekopleiding plaasgevind wat deur ds. Ensie en Coen meegemaak is. Dit was 'n volle week van intensiewe evangelisasie as voorbereiding vir die Jesus-week daarna, wat deur Christ for All Nations aangebied is. Na die Jesus-week is daar voortgegaan met straatwerk. Die Here is vir ons goed. Een spesifieke dag was daar 6 oorgawes.
Mense kry swaar en is honger vir 'n boodskap van hoop. Mettertyd het lede van ander kerkgroepe ook begin aansluit. Verlede Sondag het ons 'n kleutergroepie in Greenpoint besoek. Die diensgroep is opgewonde ... die potensiaal is só groot ...
Ons bid dat die Here arbeiders vir sy oes sal stuur ...
“Hy sê toe vir sy dissipels: 'Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes'” (Matt 9:36-37).
Foto's: Coen Visser
Kort daarna het die Firecamp-weekopleiding plaasgevind wat deur ds. Ensie en Coen meegemaak is. Dit was 'n volle week van intensiewe evangelisasie as voorbereiding vir die Jesus-week daarna, wat deur Christ for All Nations aangebied is. Na die Jesus-week is daar voortgegaan met straatwerk. Die Here is vir ons goed. Een spesifieke dag was daar 6 oorgawes.
Mense kry swaar en is honger vir 'n boodskap van hoop. Mettertyd het lede van ander kerkgroepe ook begin aansluit. Verlede Sondag het ons 'n kleutergroepie in Greenpoint besoek. Die diensgroep is opgewonde ... die potensiaal is só groot ...
Ons bid dat die Here arbeiders vir sy oes sal stuur ...
| Eerste kleuterklassie in Greenpoint |
Foto's: Coen Visser
Handevatprojek - !XUN ALFA-gemeente
Hierdie week het die diensgroep begin om !Xhun Alfa Kerk se vloer te herstel.
Met die hulp van donasies uit eie geledere, NG Kerk Harmonie Kimberley en Fichardtpark in Boemfontein, gaan hulle die wa deur die drif kry met die R70 000 wat hulle tot op hede ingesamel het.
Met die hulp van donasies uit eie geledere, NG Kerk Harmonie Kimberley en Fichardtpark in Boemfontein, gaan hulle die wa deur die drif kry met die R70 000 wat hulle tot op hede ingesamel het.
Rinus Slabbert en sy kompressor het hierdie projek met 'n knal aan die gang gekry. Ywerige !Xhun-manne doen self die ding!!!
Wednesday, 4 December 2024
Subscribe to:
Posts (Atom)







































