Een koue wintersaand (so verhaal dr. Cuyler) het ek my eerste besoek afgelê by 'n ryk koopman in New York. Toe ek by die voordeur uitgaan en 'n snerpende windjie daar inwaai, sê ek: "Wat 'n vreeslike nag vir die armes!"
Die man het teruggegaan en bring my toe 'n rol banknote met die woorde: "Gee tog asseblief hierdie geld aan die armes wat u ken."
'n Paar dae later het ek aan hom 'n dankie sê-brief geskryf namens die dankbare armes wat deur sy milddadigheid gehelp is. "Hoe kom dit tog," het ek daarby gevoeg, "dat 'n man wat so vriendelik teenoor sy medemens kan wees, tog altyd so onvriendelik is jeens sy Saligmaker, deur Hom sy hart te weier?"
Hierdie vraag het hom diep in sy binneste getref. Hy het vir my 'n boodskap gestuur om hom te kom spreek, en dit was nie lank nie, of hy het hom aan Christus oorgegee. Van toe af was hy 'n baie nuttige en entoesiatiese Christen gewees. Skokkend was egter die feit dat hy vir my vertel het dat ek die eerste persoon was die afgelope 20 jaar wat met hom oor sy siel gepraat het.
[Dr. Theodore Ledyard Cuyler (1822-1909) uit Die Wekker]
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
