Geskiedenisonderwyser: Wanneer is Rome gebou?"
Kato: "In die nag."
Onderwyser: "Hoekom sê jy so?"
Kato: "Want my pa sê altyd Rome is nie in 'n dag gebou nie."
oooOOooo
Sondagskool-onderwyser: "Wat kan jy my vertel van die Dooie See?"
Jannie: "Meneer, ek het nie eens geweet dis siek nie."
oooOOooo
Sondagskooljuffrou behandel Spreuke 6:6-8 met haar klassie. Sy vra vir Jannie om die gedeelte in die Bybel te lees.
Jannie: "Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd."
Sondagskooljuffrou: "Jannie, kyk hoe fluks is die mier. Hy werk die hele dag sonder om te kla."
Jannie: "Ja, Juffrou en dan trap iemand op hom, Juffrou."