Tuesday, 24 February 2026

Uitreik: Uitreikingsprogram by VGK Ring van Upington


Die naweek het Annatjie Enslin as deel van Dutoitspan se Uitreikingsprogram, 'n kursus in Upington by die VGK Ring van Upington aangebied. 


Byna 70 jeugleiers uit 7 gemeentes is opgelei om lesmateriaal op 'n prettige manier te gebruik om dissipels in God se Koninkryk te maak. Die jeugleiers moes maar hul grootmensskoene uittrek en self weer kinders word om saam speletjies te speel, blokraaie en woordsoek in te vul, Bybelteksverse aan te leer, ens. Die kursusgangers het hope pret gehad. 


Dit was 'n geseënde naweek: 'n verrykende kursus wat tot die hart gespreek het, het die deelnemers toegerus met waardevolle kennis en vaardighede, sodat hulle met selfvertroue kan uitgaan en jong dissipels kan wen, wat op hulle beurt weer 'n verskil kan gaan maak aan diegene wat hulle pad kruis. 



Dié naweek is afgesluit met ds. Ensie wat Sondag by VGK Rainbow gepreek.

HEBREËRS 12:28-29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

Jongmense moet eendag, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Foto's: Annatjie Enslin