Jesus het as Seun van die mens gesterf en vir jou sondes met sy bloed betaal, daar en dan aan die kruis.
Vers 32 kan met Joh. 14:3 vergelyk word vir verdere studie. Hy sal almal na Hom toe trek. Christus het die Satan (owerste van hierdie wêreld) oorwin en buitentoe uitgedryf. Wandel in die lig sodat die duisternis jou nie kan oorval nie.
Dankie Here, vir u getrouheid om vir my aan die kruishout te betaal. U het die owerste van die wêreld vir my oorwin. Ek is klaar veroordeel omdat ek in U glo, en as U van die aarde verhoog sal word sal U my na U toe trek. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
