Showing posts with label Klasfoto. Show all posts
Showing posts with label Klasfoto. Show all posts

Saturday, 1 June 2024

Kerkgenotjies: Fotodag by die laerskool

Dis fotodag by die skool en elke klas gaan saam met sy registeronderwyser na die saal vir die foto's. 'n Professionele fotograaf het die bevoorregte posisie om amper 900 kindertjies mooi en regop te laat sit en te laat smile, al is hulle glad nie in die bui daarvoor nie.

Na die fotosessie is die onderwyseres van die graad 3B-klas besig om elkeen te oortuig om 'n klasfoto te koop. "Dink net hoe wonderlik sal dit wees as jy groot is en jy kyk na die klasfoto en sê: 'Daar is Charlotte, sy’s 'n prokureur,' en 'Dit is James, hy’s 'n dokter!' 'Kyk, hier’s Frikkie, hy's 'n predikant!'"

‘n Sagte, maar welluidende stem roep van êrens agter in die klas: "En daar is Juffrou, sy’s dood!"

Saturday, 23 September 2023

Kerkgenotjies: Klasfoto

Die kinders van ‘n klas is deur ‘n professionele fotograaf afgeneem.

Die onderwyseres was besig om elkeen in die klas te oortuig om ‘n groepsfoto te koop.

“Dink net hoe wonderlik dit sal wees as jy groot is en jy kyk na die klasfoto en sê: ‘Daar is Jennifer, sy’s ‘n prokureur,’ en ‘Dit is Joe, hy’s’n dokter!’ ‘Hier’s Flippie, hy’s ‘n predikant!'”

‘n Sagte, maar welluidende stem roep van êrens agter in die klas: “En daar is Juffrou, sy’s dood!’