Monday, 31 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 18 - Maandag)

4.1.1 Die hele skepping getuig van God se majesteit ... (Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: \DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.1.1 Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 1: Ons Skeppingsdoel: Om God te Verheerlik 
Dag 1: Die hele skepping getuig van God se majesteit — daarom kom ons voor Hom in aanbidding en erkenning van sy heerlikheid. 

Lees: Ps. 29:1–11 


Oordink: 
As die Bybel beklemtoon dat die hele skepping van God se heerlikheid en majesteit getuig, wat impliseer dit vir my as skepsel wat na sy beeld geskape is?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou  

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
Psalm 67:8

Sunday, 30 August 2026

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

Die stralende lig simboliseer God se heerlikheid waaruit alles ontstaan en waardeur alles bestaan.

Die lig vloei deur mense én die hele skepping, wat weerspieël dat alles uiteindelik tot God se eer bestaan.

Die menslike figure in aanbidding wys dat ons, as mense wat na God se beeld geskape is, nie net God se heerlikheid ontvang en weerspieël nie, maar Hom bewustelik eer en aanbid.

Die lig wat deur mense, diere, natuur en water voortvloei, verbind die hele skepping in één loflied: alles wys terug na die Een uit wie, deur wie en tot wie alles is.

Die donkerte rondom die beeld beklemtoon die kontras met die goddelike lig en laat die kernboodskap uitstaan: ons skeppingsdoel is om God se heerlikheid in die hele lewe te weerspieël en Hom daarin te verheerlik.

Flitsgedagte: Genade

Mossiestilte

God en die mens ... die mens is skepsel van God. Die mens is ‘n nietige wese, maar o tog, soms só uitgesproke! Kom jy ook agter hoe ongelooflik uitdagend sommige mense met God raak? Ons as mens is aanhoudend besig om ons posisie teenoor God te probeer vind, en ons raak soms só aanmatigend. Aan die een kant is daar die ongelowiges wat blatant die Here belaster, Sy Godheid van die tafel probeer afvee, mense wat hulleself openlik as ateïste verklaar, en uiters roekeloos met die Here omgaan.

Toe besef Job waar sy plek is, en hy blaas die aftog. En waar los dit ons vandag?
  • Ek dink ons moet verstaan dat God die hele prentjie sien en weet waarmee Hy besig is.
  • God is ‘n soewereine God, en maak wat Hy die beste weet. Ons kan seker sê: Hy kan maak wat Hy wil, want Hy is God.
  • God se weë maak nie altyd vir ons sin nie. Hoe sal ons Sy bedoelinge verstaan, as ons nie eers die bedoelinge van ander MENSE verstaan nie.
  • God is ten volle in beheer, al dink ons nie so nie.
  • God is altyd betyds, al dink ons nie so nie. Sy tyd is nie ons tyd nie!
  • Hy is vir ons géén verduideliking verskuldig nie, al sukkel ons om Sy motiewe in ons lewe te posisioneer.
  • Die Here het altyd net die beste vir ons in gedagte, en Hy vorm ons deur vreemde situasies.
  • Hy is ons vriend, en meer werd as enige vriend op aarde. Ons kan met enige situasie na Hom toe gaan, Hom enige iets vra en alles vertel. Maar ... met eerbied en respek.
  • Sy eer kan nooit deur ‘n mens in gedrang gebring word nie. Al dink ons so. En ons kan nie Sy eer verdedig en beskerm nie, al wil ons. Hy is God.
  • Sy troonkamer is ‘n heilige plek, maar ons het vrye en volle toegang. Ons kan op Sy skoot gaan klouter, en teen Hom vas nestel. Maar steeds buig ons die knie as ons daar ingaan. Ons doen dit met vreugde. Die ongelowige sal ook ‘n draai daar gaan maak met die oordeel, maar vir hulle sal dit met trane en tande kners gepaard gaan.
Vrees, eerbied, ontsag, respek, liefde, koestering, warmte, eenheid, sagtheid  ... dis lekker by HOM.  

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)

Saturday, 29 August 2026

Kerkgenotjies: Die blondine-grappies bly maar gewild

* Die blondine stap een Saterdagmiddag by Fruit &Veg in:
Verkoopsman: "Middag, Dame, kan ek help?"
Blondine: "Ja, asseblief, ek het 'n braai vanaand en wil 'n ou slaaitjie maak en is op soek na ses prokureurspere."
Verkoopsman: "Wat op aarde, dame, is prokureurspere? Ons het nie dit op ons rakke nie."
Blondine: "Ja, man, daardie groen goed met die groot pit in die middel!"
Verkoopsman: "Oooo, u bedoel avokadopere?"
Blondine: "Ja man, een of ander wetlike pere, gee vir my ses!"

* Twee blondines ry fiets:
Die een hou stil en begin die lug uit haar fiets se bande te laat.
"Wat maak jy nou?"
"My saal is te hoog!"
 
* Die ander blondine begin om haar fiets se handvatsel en saal om te ruil:
"En wat maak jy nou?"
"Jy's te onnosel - ek het besluit om terug huis toe te ry!"

Friday, 28 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Vrydag)

3.5.5 Aan julle liefde vir mekaar sal almal weet dat julle my dissipels is. (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.5 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 5: Aan julle liefde vir mekaar sal almal weet dat julle my dissipels is. 

Lees: Joh. 13:31–35 


Oordink: 
Wat ervaar jy as die kwessies wat verhinder dat Christene se liefde vir mekaar sigbaar genoeg is om as getuienis te dien?
 
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Hoe lyk jou lewe vandag?

KORRELTJIES SAND ...
Hoe lyk jou lewe vandag ... hoe voel jy vandag?
SEESAND ... voel jy of die seesand jou nadertrek en wil instoot in die blou oseaan, groot, onstuimig, daar waar die branders jou omgooi en rondskommel tot jy klein word?
RIVIERSAND ... voel jy soos riviersand vanoggend, eenkant lê jy, verlate, verlore, ver weg van alles en almal, net die voëltjies in die bome hoor jou geroep, jy lê uitgespoeg op die wal. Moeg van spartel en beur, tussen stompe, rommel en takke deur, beur jy, hyg jy, skreeu jy, net jy alleen.
DRYFSAND ... is jou lewe dalk soos dryfsand? Word jy ingesluk en versmoor deur die duisende korreltjies sand, word jy afgetrek tot onder in die diepste put van donkerte en vrees? Waaraan klou jy vandag vas? Dryf jy, val jy, beur jy?
WOESTYNSAND ... is jou lewe dalk soos woestynsand vandag? Warm, droog, moeg, uitgeput, verlate, alleen, verlore, verstote.
BOUSAND ... is jy dalk soos bousand vandag? Sterk, stewig, rigtingvas, regop, getrou, jou fondamente stewig geanker en gepleister met Jesus se spesiale bousand. Maak nie saak watter tipe sand jy vanoggend in jou hart ronddra nie, ONTHOU:
SEESAND: JESUS het op die seewater geloop en HY gryp jou as die branders jou omgooi.
RIVIERSAND: JESUS kan orals sien, ook hier sal HY jou optel, afwas en heel maak.
DRYFSAND: Jy het nie vashouplek nodig as jy sink nie. JESUS is jou anker, jou kabel, jou redder. HY trek jou uit die dieptes uit en maak jou nuut.
WOESTYNSAND: JESUS was vir dae alleen in die woestyn, honger, dors. Hy het die duiwel trotseer, Sy honger en dors is geles deur SY VADER en HY was die oorwinnaar. Drink van JESUS se LEWENDE WATER en jy sal NOOIT weer dors word nie.
BOUSAND: JESUS bou al die hoekstene van ons lewe, HY het ons gevorm na SY beeld, HY het die beste BOUSAND ooit gebruik om ons te vorm. SY genade, troos en liefde, kan nooit breek nie. Sy fondamente is stewig geanker, dit hou vir ewig en ewig. 

[Aangestuur]

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Thursday, 27 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Donderdag)

3.5.4 Moenie die samekomste van die gelowiges versaak nie ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 4: Moenie die samekomste van die gelowiges versaak nie – ons het mekaar nodig om te volhard. 

Lees: Heb. 10:19–25 


Oordink: 
Ons het mekaar nodig. Het jy genoeg kontak en interaksie met ander gelowiges sodat jy kan groei in geloof, gehoorsaamheid en volharding? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Dink hieroor: Jy kan ...

Jy kan 40 dae sonder kos gaan ...
3 dae sonder water ...
8 minute sonder suurstof ...
maar jy kan nie 'n sekonde sonder God nie!

Verjaardagwense

 

Wednesday, 26 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Woensdag)

3.5.3 Leef in eendrag sodat God verheerlik word ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 3: Leef in eendrag sodat God verheerlik word – eensgesindheid tussen gelowiges dra 'n kragtige getuienis. 

Lees: Rom. 15:5–7 


Oordink: 
Dra jou woorde en dade by tot die eenheid waardeur God verheerlik word – of dra jy ook by tot die verdeeldheid wat dikwels tussen Christene sigbaar is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons!!

Mossiestilte: Jesaja 41:10

Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm.


Hierdie belofte is ook 'n opdrag. God het verklaar dat Hy ons met sy sorg sal omring wanneer angs toeslaan, maar Hy daag ons ook uit om ons volle vertroue in sy Woord te plaas. Vandag moet ons kies om te fokus op sy getrouheid en ophou om ons vrese te voed.

Vader, dankie dat U by my staan en my ondersteun wanneer ek bewe en bang is. Help my om in geloof vas te staan en te onthou dat U my ondersteun. Ek wil nee sê vir vrees en ja sê vir geloof. Amen.

[Aangestuur]

Tuesday, 25 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Dinsdag)

3.5.2 Die liggaam groei en bou homself op in liefde ... (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 2: Die liggaam groei en bou homself op in liefde wanneer elke deel sy funksie vervul. 

Lees: Ef. 4:11–16 


Oordink: 
Op watter maniere dra jy by tot die geestelike groei en opbou van die geloofsgemeenskap waarvan jy deel is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Mandjie Hoop: Die Here weet ...

Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens
Verpletterende omstandighede en situasies ...
Weet die Here hoe hard jy probeer het.

Wanneer jy so lank trane gestort het
En jou hart is beklemd ...
Het die Here jou trane getel.

As jy voel jou lewe is doelloos
En die tyd het jou agtergelaat.
Was die Here saam met jou.

Wanneer jy eensaam voel en jou vriende
Te besig is om te bel of nie verstaan nie ...
Wag die Here saam met jou.

Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles
Probeer het en nie meer raad weet nie ...
Hy het die oplossing.

Wanneer niks sin maak nie en jy seer,
Verwar of gefrustreerd voel ...
Het die Here die antwoord.

As jou blik op die lewe verhelder
En jy tekens van hoop in die lewe vind ...
Het die Here vir jou gefluister.

Wanneer alles klopdisselboom gaan
En jy volop stof tot dank het ...
Het die Here jou geseën.

Wanneer iets verstommends gebeur
En jy daardie spesiale iemand vind ...
Het die Here se glimlag op jou gerus.

As jy 'n droom het om te volg
En ook 'n werklikheid om uit te lewe.
Het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.

Onthou net, waar jy ook al is,
en wat jy ook al in die gesig staar ...
DIE HERE WEET!

Monday, 24 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 17 - Maandag)

3.5.1 Verskillende gawes, dieselfde Gees – almal dra by tot een liggaam. (Leef die Missie Saam)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.5.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 5: Leef die Missie Saam 
Dag 1: Verskillende gawes, dieselfde Gees – almal dra by tot een liggaam. 
Lees: 1 Kor. 12:4–11 


Oordink: 
Het jy al ontdek wat jou gawe(s) is? 
Het ander gelowiges dit al bevestig (vir jou gesê)?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

Groep mense:
Die sentrale beeld is ’n diverse groep mense wat saam beweeg. Dit verbeeld die kern van Week 5: God roep nie net individue nie, maar bou ’n gemeenskap van gestuurdes wat saam sy missie uitleef.

Verskeidenheid persone:
Die verskeidenheid mense herinner daaraan dat elke gelowige ’n unieke plek en bydrae het. Dit sluit aan by die week se klem op verskillende gawes, maar dieselfde Gees en een liggaam.

Lanterns:
Elke persoon dra lig, maar die ligte vorm saam ’n groter verligte pad. Dit simboliseer hoe gelowiges saam God se lig dra en mekaar se lig versterk. Die getuienis is nie net die optrede van een individu nie, maar word sigbaar in die gemeenskap.

Pad:
Die pad beeld die voortgaande geloofslewe uit. Die groep is nie bloot saam op een plek nie; hulle word saam gestuur en beweeg doelgerig die wêreld in.

Kruis:
Die kruis is die uiteindelike rigting en middelpunt van die geloofsgemeenskap se lewe. Hulle missie begin nie by hulleself nie, maar by Christus, aan wie hulle behoort en onder wie se heerskappy hulle saam leef en dien.

Stad & wêreldkaart:
Die stad, asook wêreldkaart, verteenwoordig die konkrete wêreld en gemeenskap waarbinne gelowiges leef en getuig. Die missie word nie slegs binne die kerk uitgeleef nie, maar in die gemeenskap en wêreld waarin God hulle geplaas het.

Bybel:
Die oop Bybel op die voorgrond herinner dat die gemeenskap se identiteit, eenheid en sending deur God se Woord gevorm word.

Lig van horison:
Die goue lig verbind die groep, die stad en die kruis. Dit simboliseer Christus as bron van die lig wat die kerk dra en die hoopvolle getuienis wat deur die gemeenskap na buite sigbaar word.

Opsommend:
God roep ons nie om elkeen alleen sy missie te probeer uitvoer nie. Hy vorm ons tot één liggaam, met verskillende gawes, wat in liefde en eenheid saam leef, saam groei en saam gestuur word om Christus se lig in die wêreld te dra.

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

God - Skenk my die Kalmte,
Om te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
Moed om te verander wat ek kan,
En die Wysheid om te weet wat die onderskeid is.

Dankie God vir nog 'n dag,
'n geleentheid om na U wil te leef
om weer die vreugde van die lewe te voel
en die blydskap te ervaar van gawes aan ander

Internet

Sunday, 23 August 2026

Flitsgedagte: Gebed

Mossiestilte: Romeine 15:13

En mag die hoop vervul met alle blydskap en vrede deur julle geloof dat julle oorvloedig kan wees in hoop deur die krag van die Heilige Gees.

God herinner jou deur Paulus dat God volle krag en mag het om jou te vul, met sy vrede en blydskap deur die geloof. Wanneer iemand jou blydskap steel deur woede, venynigheid, diefstal, slegte vehoudinge ens. kan God altyd steeds jou blydskap hervul of aanvul, met die oorvloed na sy heerlikheid in Christus Jesus.
Jy hoef nooit sonder die vrug van die Heilige Gees te wees nie, want die Heilige Gees vul jou gedurig op.
Jou hoop sal nie beskaam nie.

Dankie, Here, vir u onuitputbare, oorvloedige bron van blydskap, van vreugde, liefde, lydsaamheid en selfbeheersing in die Here. Ek bid dit vanoggend vir jou in die Heilige Gees. Laat ons mekaar met liefde vermaan, om by Christus se voete te bly en te eet van die twee vissies en vyf broodjies, totdat daar nog twaalf mandjies krummels opgetel kan word na die tyd. Vestig jou fokus en hoop in geloof op Jesus, want daar is altyd nog, in oorvloed, aan God se bonatuurlike voorsiening. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek

Ons het weer 50 name vir die Santa Shoeboksprojek gekry. 
KOM KRY VROEGTYDIG VIR JOU ‘N NAAM 
& MAAK ‘N KINDJIE SE HARTJIE HIERDIE KERSFEES BLY.
OUDERDOMME: TUSSEN 06 MAANDE EN 12 JAAR. 
AFSNYDATUM: 30 OKTOBER 2026

Afkondiging: Dagboek

Statistiek: 616 000 e-besoeke

Saturday, 22 August 2026

Kerkgenotjies: Jy kan nie 'n ou hond uitoorlê nie

'n Ou hond dwaal in 'n oerwoud rond en raak heeltemal verdwaal.

'n Honger leeu wat in die son bak, sien die ou hond van 'n afstand af en dink by homself: "Ek het nog nie hierdie tipe dier gesien nie, maar hy lyk beslis eetbaar. "

Die leeu staan ​​dan op en begin stadig na die ou hond toe beweeg, en tel geleidelik die pas op voordat hy dan met 'n ware bedreiging in sy oë na die hond toe hardloop.

Die ou hond sien die aanstormende leeu, en natuurlik begin hy paniekerig raak. Wie sou nie in hierdie omstandighede paniekerig raak nie?

Die ou hond is egter ook intelligent, en hy besef dat hy nie die leeu kan ontvlug nie. Nadat hy 'n paar bene langs hom op die grond opgemerk het, tel hy een op en begin daaraan kou.

Soos die leeu naby kom, sê hy dan hard, “Hmmm, dit was nou 'n uitstekende leeuvleis!"

Om hierdie opmerking te hoor, stop die leeu in sy spore.

Die leeu staar na die ou hond en dink, “Hierdie ou kêrel moet baie taaier wees as wat hy lyk. Dit mag dalk 'n goeie idee wees om hom uit te los."

'n Aap in 'n nabygeleë boom sien wat gebeur het en besef dat die ou hond daarin geslaag het om die leeu te flous.

Natuurlik dink die aap dat dit 'n situasie is wat hy dalk tot sy voordeel kan uitbuit.

So gaan hy na die leeu toe en vertel hom presies wat gebeur het, in die hoop dat hy iets in ruil daarvoor sal kry.

Die leeu is kwaad omdat hy vir die ou hond se bedrog geval het, so hy sê vir die aap: “Klim nou op my rug, en ons sal hom bymekaar kry. Ons sal hom 'n les leer wat hy nie sal vergeet nie.”

So met die aap op sy rug begin die leeu weer in die ou hond se rigting jaag.

Ten spyte van sy gevorderde jare, som die ou hond die situasie vinnig op en besef wat gebeur het. Hy begin weer paniekerig raak voordat hy vinnig nog 'n idee kry.

Hy begin dan optree asof hy na iets soek totdat hulle naby kom, en dan, om seker te maak hulle hoor hom, skree hy hard, “Waar is daardie aap? Ek het 'n uur gelede vir hom gesê om vir my nog 'n leeu te bring."

Friday, 21 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Vrydag)

3.4.5 Laat die nasies U loof, o God ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien) 

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.5 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 5: Laat die nasies U loof, o God – dis die hart van God se missie.

Lees: Ps. 67:1–8 


Oordink: 
Hoe getuig my daaglikse lewe daarvan dat ek God se eer onder alle nasies begeer? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Oorvloed kom van Bo

Eendag vra 'n man vir 'n ander man wat soveel goed doen aan ander: "Hoe is dit dat jy so baie het, terwyl jy so baie weggee?"
Daarop antwoord hy hom: "Soos ek uitskep, so skep die Here weer in, en Hy het 'n baie groter graaf as ek".
Mag Hy vandag vir jou met 'n laaigraaf skep!

Thursday, 20 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Donderdag)

3.4.4 God bring alles in die hemel en op aarde ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 4: God bring alles in die hemel en op aarde onder een hoof – Christus. 

Lees: Ef. 1:9–12 


Oordink: 
Sien en beleef mense rondom my dat Jesus oor en in my lewe heers? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Wat jou hand vind om te doen

As jy nie die hele wêreld kan red nie, moenie die paar persone wat binne jou bereik is, verontagsaam nie. Moenie toelaat dat jou begeerte na groot dinge jou bo die geringe verhef nie.

Dit is deur die gering in aanmerking te neem dat ons die hoogste sport van diensbaarheid sal bereik.

[St. Chrysostom]

Wednesday, 19 August 2026

Statistiek: 'n Groot dankie aan al ons e-ondersteuners

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Woensdag)

3.4.3 God maak alles nuut ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 3: God maak alles nuut – sy plan eindig in heelheid en vernuwing.

Lees: Open. 21:1–5 


Oordink: 
Hoe beïnvloed die belofte van ’n nuwe hemel en aarde jou daaglikse lewe en ingesteldheid – of het ons/jy die aktiewe wederkoms-verwagting van vroeë gelowiges ‘verloor’?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Mossiestilte: Jesaja 41:13

"Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou."

'n Wonderlike nuwe dag, Jesus is teenwoordig in hierdie dag. Hoor wat hy sê: "Ek self help jou dan."  Amen! Halleluja!! God is in beheer. Hierdie is 'n belofte vir jou in jou situasie. Glo dat God met jou is. Wandel met vertroue, moet nie bang wees nie, Hy sal jou help.

Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit SLEG gaan, moenie bekommerd wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

Keep on the sunny side
Always on the sunny side
Keep on the sunny side of life
It will help us every day
It will brighten all our way
If we keep on the Jesus side of life.


Dankie, Here, ek weet U neem ons hande en help met die uitdagings wat ons moet trotseer in hierdie tyd waarin ons lewe. Ons glo dat U met ons is elke dag, elke tree, wat ons gaan. U bewaar ons van die bose - ons sal nie bang wees nie.

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons!!

Tuesday, 18 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Dinsdag)

3.4.2 Jesus lees Jesaja se profesie ... (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 2: Jesus lees Jesaja se profesie en sê: ‘Vandag is dit vervul.’ Hy is God se herstel in aksie. 

Lees: Luk. 4:16–21 


Oordink: 
Hoe word Christus se sending (deur die Vader gestuur na die wêreld) vandag deur my lewe voortgesit?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Mandjie Hoop: Die WOORD sê dat GOD getrou is

GOD is nie getrou aan die mens se eie planne, begeertes of verkeerde verwagtings of verdraaide sienings van die Bybel nie.

- GOD IS GETROU AAN HOMSELF.
- GOD IS GETROU AAN SY WOORD.
- GOD IS GETROU AAN SY WAARHEID.
- GOD IS GETROU AAN SY HEILIGHEID.
- GOD IS GETROU AAN SY GEREGTIG-
   HEID.
- GOD IS GETROU AAN SY VERBONDE.

Die vraag was nooit of GOD getrou sou wees nie.

Dieselfde vraag staan vandag voor elke mens.
Vertrou jy die HERE JESUS CHRISTUS?
Vertrou jy SY WOORD?
Vertrou jy SY Beloftes soos Dit Werklik geskryf staan?
Vertrou jy DIE HERE JESUS CHRISTUS, DIE WAARHEID EN DIE WOORD genoeg om HOM te gehoorsaam?

[Aangestuur]

Verjaardagwense

Monday, 17 August 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 16 - Maandag)

3.4.1 Die Gees van die Here roep ons (Missionale Visie: Om God se Herstelplan te Sien)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.4.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 4: Missionale visie: Om God se Herstelplan te Sien 
Dag 1: Die Gees van die Here roep ons om goeie nuus te bring vir armes en gebrokenes. 

Lees: Jes. 61:1–4 


Oordink: 
Tot watter mate is jy daarop ingestel om die nood van ander raak te sien en daarop te reageer?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

*Die hand met die lens*
Die lens verbeeld missionale visie: om nie bloot te sien wat voor ons lê nie, maar om met God se oë na die wêreld te kyk en sy herstelplan daarin raak te sien.

*Die persoon in nood en die persoon wat hom/haar help*
Dit verbeeld die gelowiges wat met die evangelie en middele uitreik na armes en gebrokenes. Die nood word raakgesien en daar word daarop gereageer. Dit wys op God se barmhartigheid wat deur sy mense sigbaar word.

*Die ontmoeting tussen die twee mense*
Die beeld gaan verder as blote hulp. Dit verteenwoordig herstel van mens-tot-mens-verhoudings: mense wat mekaar weer raaksien, naderkom, ondersteun en waardigheid aan mekaar teruggee.

*Die persoon wat die aarde versorg*
Hierdie detail is doelbewus belangrik: God se herstelplan omvat nie net die mens nie, maar ook die skepping. Die versorging van die nuwe groei simboliseer deelname aan God se bedoeling om wat deur die sondeval gebreek is, te herstel.

*Die kruis in die middel*
Christus is nie as ’n fisiese persoon uitgebeeld nie. Die kruis maak Hom egter sentraal teenwoordig. Dit herinner dat Christus die Hoof van die missie en die middelpunt van God se herstelwerk is. Die herstel van mense, verhoudings en skepping staan onder sy heerskappy.

*Die stad in die agtergrond*
Die stad verteenwoordig die werklike wêreld waarin die kerk leef en gestuur word. God se herstelplan is nie iets wat slegs binne die kerkgebou gebeur nie; dit raak die gemeenskap en die wêreld rondom ons.

*Die water, boom en lig*
Hierdie elemente bring ’n subtiele beeld van lewe, vernuwing en hoop. Dit kyk vooruit na God se uiteindelike doel: nie bloot om enkele dinge te verbeter nie, maar om sy skepping tot heelheid en vernuwing te bring.

*Die essensie van die beeld*
Die lens laat ons iets sien wat ons andersins maklik miskyk:
God is besig met herstel — van mense, verhoudings en sy skepping — deur Christus, en Hy betrek sy kerk by hierdie herstelwerk.

Knieltyd: Ons gemeente

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...


Mag God se blywende SEËN
jou vandag vergesel.
Mag die Here se GUNS
oor jou wees
en mag jy oorvloed GENADE
vandag uit God se hand ontvang! 

Sunday, 16 August 2026