Toe besef Job waar sy plek is, en hy blaas die aftog. En waar los dit ons vandag?
- Ek dink ons moet verstaan dat God die hele prentjie sien en weet waarmee Hy besig is.
- God is ‘n soewereine God, en maak wat Hy die beste weet. Ons kan seker sê: Hy kan maak wat Hy wil, want Hy is God.
- God se weë maak nie altyd vir ons sin nie. Hoe sal ons Sy bedoelinge verstaan, as ons nie eers die bedoelinge van ander MENSE verstaan nie.
- God is ten volle in beheer, al dink ons nie so nie.
- God is altyd betyds, al dink ons nie so nie. Sy tyd is nie ons tyd nie!
- Hy is vir ons géén verduideliking verskuldig nie, al sukkel ons om Sy motiewe in ons lewe te posisioneer.
- Die Here het altyd net die beste vir ons in gedagte, en Hy vorm ons deur vreemde situasies.
- Hy is ons vriend, en meer werd as enige vriend op aarde. Ons kan met enige situasie na Hom toe gaan, Hom enige iets vra en alles vertel. Maar ... met eerbied en respek.
- Sy eer kan nooit deur ‘n mens in gedrang gebring word nie. Al dink ons so. En ons kan nie Sy eer verdedig en beskerm nie, al wil ons. Hy is God.
- Sy troonkamer is ‘n heilige plek, maar ons het vrye en volle toegang. Ons kan op Sy skoot gaan klouter, en teen Hom vas nestel. Maar steeds buig ons die knie as ons daar ingaan. Ons doen dit met vreugde. Die ongelowige sal ook ‘n draai daar gaan maak met die oordeel, maar vir hulle sal dit met trane en tande kners gepaard gaan.
Vrees, eerbied, ontsag, respek, liefde, koestering, warmte, eenheid, sagtheid ... dis lekker by HOM.
Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur (Willem Botha) en webruimte (www.heuning.co.za)

No comments:
Post a Comment