Monday 31 August 2020

So, jy sê jy staan op die Bybel …

“Die Bybel is ons anker. Dit is die Boek waarop ons staan. Maar ek het agtergekom dit is ’n ander vraag hoeveel mense weet regtig wat in die Bybel staan. Self is ek dwarsdeur my katkisasiejare in die kerk sonder om ooit een enkele Bybelboek deur te werk. Ja, ek het hulle almal se name geken, maar dit is omtrent al. Vir myself was die Bybel min of meer die Groot Verseboek. Hiervan gepraat, ek onthou my tannie het so ’n klein boksie met Bybelversies langs haar bed gehad. As ons daar gekuier het, moes ons elkeen ons versie vir die dag kom trek uit die boksie. Dit was net al die ‘mooi’ Bybelversies. Dit was beloftes oor wat God nog vir ons wil doen. Maar nooit het ek die Woord behoorlik leer lees nie. Ek is ook nie geleer om self verantwoordelik hiermee om te gaan nie.

“As ’n jong teologiestudent het ek ernstig gesoek na die Here. Ek wou graag sy krag en nabyheid beleef. Na ernstige soektogte en gebede het een groot waarheid in my wakker geword. Ek het my eie reformasie, my tweede bekering beleef. Ek het oor en oor ervaar: “Lees die Woord. Oordink dit dag en nag.” Dit het my lewe verander. Dit doen steeds!

“God het toe nooit 'n klompie verse aan mense gegee nie. Daarom is dit steeds hier in 2020 ’n halwe waarheid wanneer  ‘Facebook apps’ so ewe Bybeversies uitdeel met die opskrif: ‘God’s verse for you!” (soos wat ek net verlede week iewers sien). Of wanneer mense sê hulle het Skrif gekry, maar dan bedoel hulle eintlik een of ander belofte of mooiklinkende vers wat pas by hulle eie behoeftes.

“God gee Bybelboeke aan ons. So het Hy dit van die begin af gedoen. So doen Hy dit steeds in 2020. Daarom herinner ek myself en ander mense oor en oor daaraan dat Bybelverse nie deel van die oorspronklike Bybelboeke was nie. Eers in 1227 is hoofstukke deur Stephen Langton ingevoeg in die Bybel. Versindelings soos wat ons dit ken, is deur Robert Estienne in die jaar 1555 gedoen.

“Ek weet ek kan nie my lewe bou op ’n paar verse of beloftes in die Bybel nie. God is, met respek, nie een of ander robotagtige hemelse uitdeler van losstaande verse en beloftes uit een of ander hemelse boksie genaamd die Bybel nie. Hy is ons Vader in die hemel. Hy kom aan die woord in die Woord. Ek hoor Hom reg as ek sy boeke deurlees soos wat Hy dit oorspronklik aan ons gegee het. Ek lees sy Bybelboeke van voor tot agter deur. Dan eers kan ek verse hieruit reg verstaan en reg aanhaal.

“So, jy sê jy staan op die Bybel. Jy sê glo dit. Mooi so! Maar ken jy dit? Het jy al een Bybelboek baasgeraak. Nog nie? Dan is dit tyd om nie maar net op die Bybel te staan nie, maar om af te klim en dit te lees en te oordink. Doen dit en jy sal leef.”

[Deur Stephan Joubert *]

Ek sal sing ...


Sunday 30 August 2020

Die 5 solas

Luister na vanoggend se preek HIER























Die 5 solas
Enkele skrifgedeeltes
(luister na die preek vir nog gedeeltes)



1.
Sola Gratia
Hand. 15:11; Ef. 2:1-10; Rom. 3:23-24



2.
Solus Christus
Joh. 14:6; Hand. 4:12; 1 Joh. 2:22-23



3.
Sola Fide
1 Joh. 2:22-23; Hebr. 4:1-3; Hebr. 11:6;
1 Joh. 3:9-14



4.
Sola Scripture
1 Sam.15:23; Ps.119; Joh.17:17



5.
Soli Deo Gloria
Jes. 48:11; Ps. 115:1; Es. 20:9; Ps.46:11




Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Loflied: U is waardig om die Boek te neem
(Klik HIER om te luister)

Tema: Bybelsondag: Die 5 solas - met die klem op alleen.

Skrifgedeelte: 2 Tim. 3:1 - 4:8

Slotlied: Soos 'n man van die Woord
(Klik HIER)

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 30 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Saturday 29 August 2020

Bestel NOU: Begin jou lente op 'n soet noot!



Bankbesonderhede

Ons doen 'n vriendelike beroep op u om nie u bydraes te onttrek
in hierdie tyd nie, maar dat u sal voortgaan om d.m.v.
'n EFT-betaling dit moontlik te maak vir die kerk om met sy
werksaamhede voort te gaan.
Indien u kontantbydraes wil maak, kontak die kerkkantoor
om reëlings te tref. Dutoitspan-groete en seën.

Friday 28 August 2020

Thursday 27 August 2020

Overview of the Bible - YouTube

Klik HIER vir 'n oorsig van al die boeke van die Bybel.














Klik HIER vir 'n samevatting van Genesis.

Wednesday 26 August 2020

Woensdag: Sefanja 3


Luister saam na die gesprek oor die laaste hoofstuk van
Sefanja. Klik
HIER

During your lifetime ...

Monday 24 August 2020

Sunday 23 August 2020

Sondag: Sefanja - inleiding

Luister na die inleiding oor Sefanja. Klik HIER.

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wanneer niks meer sin maak nie.

Skrifgedeelte: Romeine 8:18-30

Teksvers: Romeine 8:18; 26-28

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 23 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Saturday 22 August 2020

'n Brief van Fanus Hansen

Klik HIER om na die brief te luister wat vir my en vir
jou geskryf is en deel dit met ander.

Saterdag: Habakuk 3

Luister na die bespreking oor Habakuk 3.
Klik
HIER

Three university guys dodged exam ...

Three University guys dodged exam because they did not study. They came up with a plan, got themselves dirty using grease, then went to see the Lecturer.

”Sir we are sorry we couldn't make it to the exam. We attended a wedding and on our way back the car broke down thus we became so dirty as you can see". The Lecturer understood and gave them three days to prepare.

After three days, they went to the Lecturer very ready for the exam because they had studied. The Lecturer put them in three separate classes with only four questions in the exam paper;
1. Who got married? (25 marks)
2. Where was the reception held? (25mks)
3. Where exactly did the car break down?(25mks)
4. What type of car broke down? (25mks)

Marking scheme: your answers must be the same.!!!

They are still in the exam hall as we speak!

Lesson : The truth shall set you free.

Such will be the scenario of the judgment day, we can plan evil with others as a group (RELIGION) but on the judgment day we must answer individually for ourselves

Friday 21 August 2020

Vrydag: Habakuk 2


Klik HIER om deel te wees van die
bespreking oor Habakuk 2

Be careful ...


Thursday 20 August 2020

Donderdag: Habakuk 1

Neem deel aan die bespreking oor Habakuk 1. Klik HIER.

Wednesday 19 August 2020

Woensdag: Habakuk - inleiding

Habakuk se inleidingsgesprek. Klik HIER.
Lees ook Psalm 73 en 77. Ons gaan kyk na 'n nogtans-geloof.

Don't give up ...

Tuesday 18 August 2020

Dinsdag: Nahum 3

Klik HIER en luister na Nahum 3 se
bespreking.

Monday 17 August 2020

Liewe Matrikulant


Jy sal 2020 in jou lewe nooit vergeet nie en niemand sal die klas van 2020 ooit vergeet nie. Jou hoogtepuntjaar op skool, jou vir oulaas jaar, het 'n hartseerjaar geword. Jy beleef soveel oppe en affe en gemengde emosies. Dit wissel tussen kwaad, hartseer, duisend vrae, hooploos en moedeloos. Daar is selfs verrassende oomblikke van vreugde tussen-in, maar hulle is min. Nou moet jy nog met die emosies almal op een dag deel - soms selfs almal binne 'n paar uur. Met tye wil alles jou net oorweldig. Wat gaan aan? Is daar fout met jou? Dan wil jy huil! Dan wil jy skree!

Die een woord wat sal maak dat jy alles 'n klein bietjie beter verstaan, is die woord VERLIES. Jy het vir lank jou vriende en vriendinne gemis = verhoudingsverlies (erken dit maar, jy het tot skool en jou onderwysers gemis!). Jou laaste jaar van skool het, terwyl jy by die huis moes sit, soos water deur jou vingers gesypel - onbeheerbaar, onkeerbaar. Daardie laaste hokkie-, rugby-, netbalwedstryd of bergfietswedren vir jou skool het toe nooit gebeur nie - maak nie saak of dit vir die eerste, tweede of derde span sou wees nie. Jy wou so graag! Van julle het drome gehad van liga's wen, provinsiale klere in sport - daarvan het niks gekom nie. Jy het vir oulaas uitgesien na die koor, die ATKV-redenaars, orkes en ander kulturele aktiwiteite. Dit is verlede tyd. Jou hoofseun- of hoofdogterjaar het nie uitgewerk soos jy gedink het nie. Jy het soveel drome gehad.

Verstaan jy nou jou VERLIES? Dis groot. Dis nie gering nie. Dit sny diep. Het jy al tyd gemaak om stil te sit en jou verliese neer te skryf, op die naam te noem? Het jy al tyd gemaak om met die Here daaroor te praat? (Jou Vader wag vir jou) Het jy al tyd gemaak om met jou pa, ma, beste vriend/in of gunsteling onderwyser/es hieroor te gesels. Het jy al tyd gemaak om te ROU? Dis al hoe'n mens deur en oor verlies kom. Kyk dit in die oë, noem dit by die naam en gee jouself die geleentheid om te rou, om hartseer te wees, om kwaad te wees, om jou vrae te vra en om uiteindelik vrede te kry en aan te beweeg.

Jy kan, mag en gaan egter nie ooit in jou lewe 'n slagoffer wees nie. Daar is te veel "victims" in die lewe wat vasgehaak het in die verlede. Slagoffers eindig altyd met bitterheid en kwaad. Slagoffers hou aan agtertoe kyk en vergeet om te droom. Jou verliese is eg en erg. Daarom mag jy en moet jy daaroor rou. Gee jouself die tyd en ruimte om dit te doen sodat jy gesond kan aanbeweeg.

Leer by die "matrikulant" in die Bybel: Josef. Sy verhaal in Genesis 37 begin op ouderdom 17 (dis hoekom ek hom 'n matrikulant noem). Hy is deur baie swaar: broers wat hom eers wil vermoor, toe aanrand en in 'n droë put gooi - diep en donker, hy word verkoop, gaan na 'n vreemde land, word weer verkoop en beland onskuldig in die tronk. Praat van verliese! Praat van swaar, seer en moedeloos! Sy verhaal begin egter met drome - drome wat God vir hom gegee het. Jy sien, as jy aan God se drome vashou en dit najaag, eindig jy waar Josef geëindig het: die tweede belangrikste persoon in Egipte. God se drome vir jou begin nou eers. Dit hou nie op in 2020 nie. Nee, hou aan droom saam met jou Vader. Natuurlik is hierdie jaar baie sleg - vandaar woorde soos verlies en rou. Jy gaan egter nie in 'n slagoffer verander en ophou droom nie. Die volgende twintig jaar van jou lewe is een van groot opwinding en groot belangrikheid: studies, werk, trou, kinders kry en jouself vestig in die lewe. Wow! Kry daardie drome wat God oor jou droom weer in plek en in rat.

Gebruik 2020 se swaar, sleg en verliese om diep lesse te leer oor die lewe - dit gaan nie altyd maklik wees nie. Gebruik 2020 se lewenslesse om jou karakter van volharding, vertroue in God en toewyding net nog meer en meer te laat groei. Die klas van 2020 mag oor 'n paar jaar van nou dalk almal voor wees as gevolg van lesse geleer in 2020. Julle mag dalk voorloop wat lewensfiksheid aanbetref omdat 2020 een lang en steil bult was in julle lewenswedloop - uitnemende karaktervorming.

Lees Jeremia 1 vers 5 en maak dit van toepassing op jou eie lewe. Maak dit diep persoonlik:
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

God het jou nie vergeet nie. Hy ken jou van voor jou geboorte af. Jy is aan Hom gewy. Hy droom drome oor jou al vir baie jare. Moenie dat 'n swaar en baie uitdagende 2020 dit ontspoor nie. Nee, gebruik dit om jou drome saam met God momentum te gee.

'n Wonderlike mooi toekoms lê vir jou voor. Al ken ek jou dalk nie, kan ek dit vir jou sê omdat ek ons God en ons Vader ken.

My hart is seer vir jou ... maar ek het ook 'n opgewondenheid oor jou toekoms.

Opregte liefde
Johan Smith

Maandag: Nahum 2

Neem deel aan die gesprek oor Nahum. Klik HIER.

Niemand is perfek nie ...


Sunday 16 August 2020

Sondagaand: Nahum 1

Klik HIER om deel te wees van die gesprek.

Saturday 15 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Waarom moet die Woord van God in my leef?

Skrifgedeelte: Psalm 119:1-3; 55-57; 67-68; 71-74; 81; 103-105; 114; 130-133; 140-148; 161-162; 172-176

Teksvers: Psalm 119:57 en 105

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 16 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Saterdag: Nahum - inleiding

Luister na die interessante gesprek oor
Nahum
HIER.

Friday 14 August 2020

Vrydag: Miga 7

Luister gerus HIER na die res van Miga 7

Cum-boeke: 'n Eenvolume kommentaar

Hierdie boek is die moeite werd om
aan te skaf.

Confidence


Thursday 13 August 2020

Julle is welkom om nog tot môreaand (Vrydag) vir die Zoom Webinaar (Engels) in te skryf. Ds. TC du Toit stuur Saterdag die skakels. Die aanbieding is die nuutste verwerking van DiePLAN-werkswinkel o.l.v. Frans Hancke. As jy belangstel, stuur asb. dadelik 'n WhatsApp aan TC & vra om te registreer vir die webinaar: Ds TC du Toit - +267 72 879 653

Donderdag: Miga 7:1-10

Raak rustig en luister saam na Miga 7.
Klik
HIER.

Wednesday 12 August 2020

Miga 6 - Griekwagebed

Gaan kyk na hierdie aardse Griekwagebed - Miga 6
Klik 
HIER

Woensdag: Miga 6

Neem deel aan vandag se bespreking deur HIER
te klik.

It is special ...

Tuesday 11 August 2020

The bridge on the river Choluteca

Klik op die foto om 'n duidelike beeld te kry.