Lewenswaarhede

Terug na HOME PAGE

Daaglikse lewenslesse!

1) 'n Gebed is nie soos 'n "SPAARWIEL" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "STUURWIEL" wat jou deur jou lewe lei en jou stuur op die regte pad..

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n Klein TRUSPIEËLTJIE? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, Maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit SLEG gaan, moenie bekommer nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is soos DIAMANTE ! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om in te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan in Sy genade en sê: "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie, het HY vertroue in jou bekwaamheid.

8) 'n Blinde vra op 'n dag vir ‘n man, "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Die man antwoord, "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

God beveel ...

'n Baie arm vrou het ingeskakel na 'n Christelike radioprogram en om hulp gevra.

'n Ateis wat toevallig die storie hoor, besluit om iets hiervan te maak.

Hy skakel die radiostasie, verkry haar adres en versoek sy sekretaresse om 'n klomp kruideniersware en kos te koop en dit by die ou vrou te gaan aflewer, met die volgende boodskap:-

"As die ouvrou dan sou vra wie die weldoener is, vertel haar dat die duiwel dit gestuur het"

Aangekom by die karige huisie wat spreek van geldelike armoede, ontvang die ou vrou die skenking met groot blydskap en begin om dit alles weg te pak.

Verbaas vra die sekretaresse of sy dan nie wil weet wie dit gestuur het nie, waarop sy antwoord: (en hier is die pragdeel)

"Nee my kind, dit maak nie saak nie, want as God beveel, dan luister selfs die duiwel"

Prys die Here, want Hy is groot. AMEN!!

Hou jou vurk!!



Barbiere BESTAAN!

Hierdie is een van die beste verduidelikings waarom God pyn en ellende toelaat …

’n Man het na die haarkapper gegaan om sy hare en sy baard te sny en te knip. Soos wat die barbier knip-sny, het ʼn aangename gesprek gevolg. Hulle het oor baie dinge en verskeie onderwerpe gesels. Toe hulle uiteindelik die onderwerp Hemelse Vader aanraak, sê die barbier: “Ek glo nie God bestaan nie!”

“Hoekom sê jy so?” vra die kliënt. “Wel, gaan net straat toe, dan sal jy besef dat God nie bestaan nie. Sê my, as God dan bestaan, sal daar so baie siek mense wees?

Sal daar dan so baie verwaarloosde kinders wees?”
Indien God bestaan, behoort daar nie ellende nog pyn te wees nie. Ek kan nie dink dat ʼn liefdevolle God sou al hierdie dinge toelaat nie.” Die kliënt het vir ʼn wyle diep gedink, maar hy het nie gereageer nie, aangesien hy nie in ʼn verdere argument betrokke wou raak nie. Die barbier het sy werk klaar gemaak en die kliënt het die winkel verlaat.

Net nadat hy die haarkappery verlaat het, sien hy in die straat ʼn man met lang, gekoekte, vuil, toutjiesrige hare en ʼn ongeknipte baard. Hy lyk vuil en onversorgd. Die kliënt draai om en gaan die haarkappery weer in en sê aan die barbier:
“Jy weet wat? Barbiere bestaan nie!” “ Hoe kan jy so sê?” vra die verbaasde barbier. “Ek is hier en ek is ʼn barbier. En ek het jou netnou gehelp!” “ Nee!” roep die kliënt uit. “Barbiere bestaan nie, omdat, as hulle sou bestaan, sal daar geen mense met slordige vuil lang hare en ongeknipte baarde, soos die man daar buite, wees nie.”

“Aha, maar barbiere BESTAAN! Dit is wat gebeur wanneer mense nie na my toe kom nie.”

“Presies!” knik-sê die kliënt bevestigend. “ Dit is die punt! God BESTAAN, ook!! Dit is wat gebeur wanneer mense nie na Hom toe gaan nie en nie na Hom opkyk om hulp nie. Dit is die rede hoekom daar soveel pyn en ellende in die wêreld is.”

WEES Geseënd & ʼn Seëning OOK VIR ANDER!! 


Al sou die vyeboom nie bot nie, Here ...

Al sou die vyeboom nie bot nie, Here, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie. Al sou die olyf-oes misluk, en die lande geen oes lewer nie ...

En al sou die verlang tot diep in my oë gaan lê, en die bang en onsekerheid bietjies-bietjies in my hart wegkruip.

Al sou die pad kilometers vol grond en gate voor my voete uitloop, en my hart se probeer moeg raak.


Al sou my oë sukkel om die son raak te sien, die son wat U elke dag op my pad kom neersit.

Al sou my kop aanhou probeer om my hart te verstaan, en my bid partydae moeg voor U kom kniel ... nogtans sal ek in U bly glo.

Sal ek glo dat U hart goed is en liefde is.

Nogtans sal ek elke môre stil luister of ek U stem hoor.  Want dit is U wat vir my die krag gee om elke oggend op te staan en my stukkie pad voluit te stap.

Dit is U wat my hart se huil stilmaak en die stukkies verlang gaan wegbêre, daar waar dit hoort.

Dit is U wat die verlede se onthou toevou in U hande, en dit eenkant neersit, daar waar dit my nie meer kan raaksien nie.

Dit is U wat langs my kniel en my optel, as die pad vir my te lank word.

Daarom sal ek glimlag oor U.

Daarom sal ek elke oggend U vrede diep in my hart gaan wegbêre.

Daarom sal ek my kop oplig en die lewe stil in die oë kyk ... want U, Here, loop saam met my.  Elke dag.  Altyd.  En dit is vir my genoeg.

Amen.

[Dankie, Wilma Muller, dat jy hierdie met ons deel.]

As jy vandag voel dat jy teen die wind loop
en voel dat jy geen grond wen nie,
dan sê God vandag vir jou Hy gaan die wind omdraai,
die winde van verandering gaan vir jou begin waai,
jy het moeg geword en jy het min krag gehad,
maar nogsteeds het jy nie moed opgegee nie,
voel nou in die nuwe seisoen van jou lewe
hoe die wind vir jou waai en nie teen jou nie.

In die grootste storm loop Hy nogsteeds op die water,
vat Sy hand en loop saam met Hom,
weet dat Hy in jou boot wil wees vandag,
daar is baie skuite waarin jy kan klim,
maar nie almal het Jesus in nie,
kyk vir Jesus in die storm,
Hy is alomteenwoordig,
op die water,
in die wind
en in die skuit.
Liefde,
Liefde,
Liefde is wat jy saam met Hom sal ervaar.
[Anoniem]

People Who Make a Difference

"Good people have good things in their hearts." Matthew 12:35

Name the ten wealthiest men in the world.
Name eight people who have won the Nobel or Pulitzer prize.

How did you do? I did not do well either. Except for your trivia hounds, none of us remember the headliners of yesterday too well. Surprising how quickly we forget, isn’t it? And what I have mentioned above are no second-rate achievements. These are the best in their fields. But the applause dies. Awards tarnish. Achievements are forgotten.

Here is another quiz. See how you do on this one.

Name ten people who have taught you something worthwhile.
Name five friends who have helped you in a difficult time.

Easier? It was for me, too. The lesson? The people who make a difference are not the ones with the credentials, but the ones with the concern.