Op die lewensreis saam met die Here moet daar ook nie vir jou so iets soos probleme wees wat jou terneergedruk eenkant laat sit nie. Nee, daar moet net oplossings en nuwe geleenthede wees. Wat soos probleme lyk moet net vir jou die stilhouplek langs die pad wees wat jou kans gee om nuut te beplan en nuwe oplossings te soek. As die “afs” in die lewe jou tref, moet jy soos ʼn fietsryer teen ʼn afdraande wees. Jy moet dan juis spoed opmaak. As dinge skeefloop moet jy herbeplan, kyk wat verkeerd geloop het en dit regmaak, weer probeer, of anders probeer.
Die “ops” in ons lewe is juis daar omdat ons nie by die “afs” bly lê het nie.
[Uittreksel: Jan van der Watt]
Showing posts with label Beplan. Show all posts
Showing posts with label Beplan. Show all posts
Thursday, 31 July 2025
Monday, 9 December 2024
Is jy voortdurend bekommerd?
“Dit is nie God se wil dat jy met voortdurende bekommernis saamleef nie. Dit is nie sy wil dat jy elke dag met angs en ontsteltenis tegemoetgaan nie. God het jou gemaak vir meer as ’n lewe vol bekommernisse wat jou asem steel en angstigheid wat jou gedagtewêreld verskeur. God beplan ’n nuwe hoofstuk vir jou lewe, en Hy is gereed om dit te begin skryf.”
Max Lucado
Subscribe to:
Posts (Atom)
