Showing posts with label Gawe. Show all posts
Showing posts with label Gawe. Show all posts

Tuesday, 12 May 2026

Mandjie Hoop: Genade!

Genade is dit wat die wêreld verander het. 
Jesus smous met genade ... 
Genade is gratis,
God deel dit uit - 
jy kan dit nie verdien nie.
Daar is niks wat jy kan doen wat verseker dat God jou meer liefhet nie. 
Daar is niks wat jy kan doen wat sal maak dat God jou minder liefhet nie. 
Dít is hoe genade werk. 
Die oomblik as jy dit begryp, 
is jy vrygemaak.

Thursday, 26 February 2026

Dink hieroor: God se oneindige liefde

Redding is 'n gawe van God se oneindige liefde. Die hemel is net ons s'n weens sy genadegawes. 

Menslike trots het geen plek in hierdie verlossingswerk nie. Ons nuwe lewe in Christus is God se kreatiewe meesterstuk. Hy het 'n pad van goeie werke voorberei vir ons en Hy sal daardie goeie werke in ons lewens laat gebeur soos ons deur die geloof wandel. 

Dit is die Christelike lewe: Want deur genade is julle gered, deur die geloof - en dit is nie uit julleself nie, dit is die gawe van God - nie deur werke nie, sodat niemand kan roem nie. Want ons is God se handewerk, wat in Christus Jesus geskep is om goeie werke te doen, wat God vooraf voorberei het vir ons om te doen. (Efesiërs 2: 8-10, NIV)

Elke goeie en volmaakte gawe is van bo af, afkomstig van die Vader van die hemelse ligte, wat nie verander soos verskuiwende skaduwees nie. Hy het gekies om ons geboorte te gee deur die woord van waarheid, sodat ons 'n soort eersteling kan wees van alles wat hy geskep het. (Jakobus 1: 17-18, NIV)

Tuesday, 10 December 2024

Wat is liefde?

Dis 'n houtkruis teen alleenheid,
'n Steunpilaar in pyn,
'n Vuurhoutjie en 'n olielamp,
Wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis 'n skouer om op te huil,
Wanneer die wêreld jou soms druk,
'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou,
en wanneer om vir jou 'n roos te pluk.

Dis 'n oor wat na jou luister,
Al praat jy soms nie sense,
'n Stem wat vir jou fluister:
"Jy's 'n dierbare mens."

Dis 'n kombers teen die koue,
'n Sambreel teen die reën,
'n Fort waardeur geen wind kan waai,
Selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis 'n telefoonoproep uit die bloute,
'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,
En wanneer woorde oorbodig is,
Word liefde 'n stille gebed.

Bo alles is Liefde 'n gawe van God -
Geen mens kan daarsonder klaarkom -
Dis die kern van Sy grootste gebod.

[Anoniem]

Friday, 8 February 2019