Wednesday, 17 June 2026

Uitreik: God is getrou

In Augustus 1917 is hy onder hewige bombardemente in die been gewond, so erg dat sy linkervoet aan 'n draad gehang het toe hy by die noodhulpstasie kom. "Gee daardie voet 'n kans, dokter," het hy gesê voordat hy die chloroform geneem het. En, toe hy later weer bykom, was die voet nog daar.

Twee dae later, by die Algemene Hospitaal in Rouen, sê die dokter vir hom: "Ek kan jou voet laat bly, maar jy mag bloedvergiftiging opdoen, en dit kan noodlottige gevolge hê. Of ek kan die voet afsit, en jy sal heeltemal goed vorder.Laat my môreoggend weet wat jou besluit is."

Hy het die dokter bedank vir sy openhartigheid; en die saak verder in gebed aan die Here opgedra. Later in die dag neem hy sy Daily Light om 'n stukkie daaruit te lees, en toe hy die boekie oopslaan by 10 Oktober, lees hy: "Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal ou voet bewaar vir die strik."(Spreuke 3:26).

Dit was genoeg! Hy het die boek toegemaak en God gedank vir 'n Verlosser en vir 'n Woord wat soos 'n lig op ons pad is.

Vandag het hy nog sy linkervoet en is ook nog aan die leër verbonde. Maar wat meer is, hy getuig nog steeds van sy wonderlike Verlosser en van die wyse waarop sy voet behoue gebly het.

* Lees gerus HIER van nog wedervaringe van Lt. Gen. Sir Arthur Smith 

[Bron: Uit die Getuienis van Lt. Gen. Sir Arthur Smith]    

Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.