So, wie help jy?
Ek wens daar was ‘n maklike antwoord op hierdie vraag. Daar is nie, maar daar is wel ’n moeilike antwoord.
Hier is dit: help wanneer jy kan en help waar jy kan!
Jy kan nie almal se laste dra nie, maar jy kan wel een of twee mense s’n op jou skouers tel.
Jy kan nie almal se laste dra nie, maar jy kan wel een of twee mense s’n op jou skouers tel.
Nee wag, jy moet.
Galasiërs 6:2 sê: “Laai mekaar se swaarkry en seerkry op julle skouers. So leef julle volgens die wet, wat Christus vir julle gegee het.” (NNT)
Jy kan nie die wêreld verander nie, maar jy kan een of twee persone s’n deur ‘n gebed, ‘n bord kos, ‘n besoek, of ’n ander daad van ontferming verskuif. Jy kan nie vir almal in die wêreld bid nie, maar jy kan volhardend vir ‘n paar persone bid wat die Here op jou radarskerm geplaas het. Jy kan nie alle armes versorg nie, maar jy kan seker maak dat een of twee mense nie met leë hande van jou af wegstap nie.
* Doen dit getrou.
* Leef mededeelsaam.
Dankie, Brahm, wat hierdie gedeelte aangestuur het. Hierdie stuk sluit Sondag aan by die Gelykenis van Petrus.