Natuurlik sou die oefening nutteloos wees sonder om erkenning aan Rinus Slabbert te gee wat grotendeels die werk georganiseer, uitgevoer en befonds het. 'n Foto van Rinus is tydens die besoek voor in die kerk geplaas, omdat hy Donderdagnag onverwags oorlede is.
Hierdie slegte nuus het die gemeentelede van die !Xun-kerk diep geskok, aangesien hulle vir weke skouer aan skouer met Rinus gewerk het tydens die herstel van die vloer. Hulle het onmiddellik gevra dat hulle ook by die roudiens teenwoordig wil wees. Hulle wil ook die foto van Rinus raam en in hulle kerk ophang as 'n blyk van respek en waardering.
Foto's & inligting: Coen Visser


