Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van ons arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.
Jesus was ryk, 'n timmerman en het geskep met hout, 'n vakmamskap wat hy by sy vader geleer het.
Hy het egter arm geword deur al sy waardigheid te verloor sodat jy rykdom en waardigheid kan hê op aarde.
Jesus wil hê dat jy in alles ryk kan word tot alle mildadigheid, wat danksegging aan God deur ons werk. (hfst. 9:11)
Dankie Here, vir die rykdomme wat ek so onverdiend van U ontvang. Maar die rykdomme is nie vir my nie, maar om ander te seën en te verryk vir u werk en uitbreiding van die goeie evangelie. Ek is nou in alles oorvloedig ----- in geloof, woord en kennis en alle ywer en in ons liefde vir ander ----- mag ek ook in hierdie liefdesdaad oorvloedig wees in die Naam van Jesus. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]