En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die Here begin aanroep.
Adam en Eva het met God gewandel. Die Here het Abel se offer genadig aangesien.
maar Kain se offer nie aangesien nie.
Kain bet Abel doodgeslaan en Kain was vervloek.
Toe word Set gebore en toe hy honderd-en-vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword...... en toe het hulle die Naam van die Here aangeroep.
Elkeen van ons kry 'n kans om die Naam van die Here aan te roep en om tot bekering te kom.
Begin die dag om die Naam van die Here aan te roep; ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelyk maak.
Here, ek roep U aan vanoggend, voor ek my dag begin. Here ek beplan, maar U rig my voete op die regte pad. Ek weet U beplan vir my 'n toekoms, en 'n weg van voorspoed. Van U is my verwagting en op U vertrou ek. Dankie dat ek u Naam kan aanroep, die Naam van Jesus Christus. Amen
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]